EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Haar verborge Noodlot

Price range: R39.00 through R109.00

Dihana Swanepoel skraap uiteindelik genoeg moed bymekaar om uit ’n gewelddadige huwelik te stap. Terug in haar tuisdorp en tussen goeie vriende, vind sy weer vrede. Tot Jonathan haar opspoor en haar nuutgevonde vrede van vooraf versteur.
Net toe sy dink sy is nou finaal ontslae van Jonathan, kry sy ’n ontstellende oproep van Johanthan se prokureur. Sy is die voog van Lexi, ’n sestienjarige dogter wat wees gelaat is uit Jonathan se vorige verhouding.
Vasberade om Lexi op te spoor nadat sy geheimsinnig verdwyn het, begin Dihana ‘n intense soektog wat haar lewe omvêrwerp. Sy staar haar eie demone in die gesig, insluitend die pynlike herinneringe aan haar mislukte huwelik.
Ondanks hierdie uitdagings, bly Dihana vasberade en mobiliseer hulp van haar gemeenskap en familie. Haar ontmoeting met Lexi is emosioneel en hartverskeurend, wat lei tot ‘n dieper begrip en ‘n sterk verbintenis tussen hulle.
Dihana se reis is ‘n verhaal van hoop, vergifnis, en die krag van familiebande, terwyl sy streef om ‘n veilige en gelukkige toekoms vir Lexi te verseker.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die swart wittebrood

Price range: R39.00 through R109.00

Samuel en Carli kry twee maande na hul troudag, uiteindelik die geleentheid om op hulle wittebrood te gaan. Carli se oom, Neville de Vries, het onderneem om sy strandhuis in Hibberdene aan hulle beskikbaar te stel vir twee weke. Hulle was skaars by hulle bestemming, toe vreemde dinge begin gebeur. Met ontvoering, moord en ’n buite-egtelike verhouding van twintig jaar gelede as agtergrond, beloof ‘Die Swart Wittebrood’ om die leser op die punt van sy en haar stoel te hou.
Sal die pasgetroudes se huwelik die uitdagings wat oor hul pad kom oorleef? Sal húlle dit oorleef?
Vir die spanningsvraat is hierdie boek ’n móét.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page