PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tekkie en Skoen se uitstappie

Price range: R49.00 through R119.00

Tekkie en Skoen raak moeg om net heeltyd in ’n donker kas te lê en besluit dit is tyd vir ’n bietjie avontuur. Na smeekbede aan Veter om vir hulle die kas oop te sluit, glip hulle by die voordeur uit.
Hulle besluit om na die park te gaan. Onderweg ontmoet hulle Sandaal, wat hulle waarsku om versigtig te wees.
By die park ontmoet hulle ’n man genaamd Stewels, wat hulle na sy huis nooi vir tee en gemmerkoekies. Stewels lyk heel gaaf en hulle loop saam met hom na sy huis toe. Maar, o wee! Stewels het toe duistere planne met arme Tekkie en Skoen.
Wat wil Stewels met Tekkie en Skoen doen en gaan Gom, Naald en Gare dit regkry om die twee te help ontsnap uit die donker kamer vol stukkende skoene?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Chuckey en Vriende Boek 1

Price range: R49.00 through R129.00

Prins William en die Affêre met die Bye is ‘n storie oor Prins William die Kalf, Chuckey die Boerbok, Donsie die Gans, Dirkie die Donkie en Struisie die Volstruis. Chuckey wil graag die nuwe inwoners op die plaas verwelkom, en sy vriende stap saam met hom. Chuckey kry ‘n blink plan om vir die volstruise ‘n geskenk te vat. Dit lei tot ‘n noue ontkoming met bye. Hulle vlug net betyds, maar arme Prins William is nie so gelukkig nie. Kom kuier saam met Chuckey en sy vriende en sien wat met Prins William gebeur. Kon hulle dit regkry om die geskenk aan die volstruise te gee, of was al die moeite tevergeefs?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Klokkeloempie

Price range: R49.00 through R149.00

Die Klokkejane van Klokkeland is baie snaakse kreature. Daar is blou Klokkejane en rooi Klokkejane. Hulle lyk soos ronde harige balle met groot oë en wye monde. Hulle het dun arms en bene. Vier vingers en vier tone aan elke hand en voet. Maar … Klokkeloempie is pers. Die enigste pers Klokkejaan in Klokkeland. Iewers tussen hierdie boek se bladsye is die geheim van Klokkeloempie se pers hare. Klokkeloempie verdwaal in die bos en terwyl jy lees, beleef jy sy avonture alleen in die nag. Gaan hy ooit weer sy pad terugvind huis toe?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Oppas Windgat

Price range: R49.00 through R139.00

Windgat die haan is dapper en vol planne, maar sy nuuskierigheid bring hom gou in die moeilikheid wanneer hy ’n vreemde dier ontmoet wat dringend hulp nodig het. Intussen het Pollie groot planne om in die huis te gaan loer, maar haar nuwe hoed sorg vir groot drama! Wanneer gevaar dreig buite die werf, moet Windgat en sy vriende wys wie hulle regtig is. Sal almal saamwerk om ’n groot avontuur te oorleef – of gaan vrees die oorhand kry?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wat is jou storie

Price range: R49.00 through R129.00

Op die plaas sorg drie hane vir groot opwinding, veral die wit haan wat sommer gou baklei. Iemand sien sy humeur en besluit om pret te hê – maar hoekom skrik Haan so vir ’n hemp op die gras? Intussen wil Dollie gaan swem sonder om na Ouma of Haan te luister – gaan sy haar les leer voor sy in die moeilikheid beland? En hoekom raas die alarm elke oggend so vreeslik? Ron en Rudie gaan ondersoek instel … as hulle dapper genoeg is!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Neelsie en die geel monster

Price range: R49.00 through R149.00

Kabouterland is in rep en roer vir die jaarlikse besoek van die Feëkoningin Die jaar word die fees by die rivier gehou en Neelsie hou nie van water nie. Hy glip stilletjies weg. Terwyl hy deur die woud loop op soek na sy gunsteling botterblommetjies, hoor hy ’n groot geraas. En o, gomvinger, wat sal hy sien? ’n Groot geel ding wat al die bome opvreet. Woeksie, die Wenswiksie se hulp word ingeroep. Nou los die monster die bome uit, maar hy vreet al die sand op. Willewak, ’n stout Wenswiksie kry van Woeksie se wensstof in die hande en veroorsaak nog ’n groter gemors. Gaan Kabouterland ooit weer vry wees van die geel monster?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page