PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 4

Price range: R59.00 through R199.00

Welkom by Professor Tentaklus en Die Inkvisklub – die wildste, snaaksste en mees tentakel-tastiese klub onder die son!
Hier is elke dag ’n avontuur: van visdamreddings en melkskommel-oorloë tot broccoli-ontploffings en geheime
Tsunami-planne. Michie, Chelly, Jors en Marries – saam met die briljante maar soms dramatiese Professor Tentaklus en
natuurlik OumaRi – wys jou dat die lewe nooit vervelig is as jy dapper genoeg is om te lag, te droom en soms ‘n bietjie
te mors nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Towergrot

Price range: R59.00 through R119.00

Boelie en Fransie is twee dapper boeties wat by hulle ouma in ’n klein huisie in die woud bly. Hulle moet vir Ouma medisyne by die dokter gaan haal. Maar ai, as jy nie luister nie, kan daar snaakse dinge gebeur! Voor hulle kan sê “hoenderhok”, dwaal hulle van die pad af en beland sommer reguit in ’n grillerige grot … saam met ’n snaakse, honger monster!

Kan hulle slim planne maak om te ontsnap? Sal hulle ooit weer by Ouma uitkom? En wat op aarde het rooipeper, ’n spinnekop en ’n towerboek daarmee te doen?

Die Towergrot is ’n prettige, spanningsvolle avontuur vol towerkrag, dapper planne en hope lag en opwinding! Kom stap saam deur die mistige woud en ontdek dat slimkoppe en dapper harte altyd wen!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Avonture van Katlina

Price range: R59.00 through R159.00

Maak gereed om saam met Katlina die wêreld van die buitengewone te betree

In hierdie unieke versameling van 14 kortverhale volg ons die avonture van Katlina n pikswart kat met geheime vermoëns en ‘n hart vol wysheid. Saam met haar jong metgesel, Klaas, betree hulle n wêreld vol raaisels, vriendskappe, boelies, geheime grotte en selfs ‘n begraafplaas met ‘n diep verborgen waarheid. Katlina is nie sommer net ‘n troeteldier nie sy kan spel, tel, tik en selfs die diepste emosies aanvoel. Elke storie neem jong lesers op n reis van ontdekking, empatie en die mag van onwaarskynlike vriendskap.

Hierdie boek is ideaal vir kinders n jongmense wat hou van avontuur, misterie en karakters wat die hart aanraak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Chuckey en Vriende Boek 2

Price range: R55.00 through R129.00

Op ’n dag gaan Struisie en sy maats – Donsie, Chuckey, Dirkie en Prins William, vir ’n stap langs die rivier. Donsie waag dit in die water, maar beland in groot moeilikheid! Paniek slaan toe … wie kan Donsie help?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ek is slimmer

Price range: R59.00 through R139.00

Krisjan Kriek dink hy’s slim, maar Sebastiaan Slang glo niemand kan by hom kers vashou nie! Die twee hou mal weddenskappe – van wegkruipertjie in die huis tot ’n gomvalletjie-speletjie wat heeltemal skeefloop. Selfs die kuikens en muise raak betrokke wanneer Sebastiaan onverwags ’n kuikentjie red! Wie is regtig die slimste op die plaas? Kan hierdie twee teëstanders dalk vriende word? ’n Heerlike storie vol streke, avontuur en pret wat jou laat lag en jou hart warm maak!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tekkie en Skoen se uitstappie

Price range: R49.00 through R119.00

Tekkie en Skoen raak moeg om net heeltyd in ’n donker kas te lê en besluit dit is tyd vir ’n bietjie avontuur. Na smeekbede aan Veter om vir hulle die kas oop te sluit, glip hulle by die voordeur uit.
Hulle besluit om na die park te gaan. Onderweg ontmoet hulle Sandaal, wat hulle waarsku om versigtig te wees.
By die park ontmoet hulle ’n man genaamd Stewels, wat hulle na sy huis nooi vir tee en gemmerkoekies. Stewels lyk heel gaaf en hulle loop saam met hom na sy huis toe. Maar, o wee! Stewels het toe duistere planne met arme Tekkie en Skoen.
Wat wil Stewels met Tekkie en Skoen doen en gaan Gom, Naald en Gare dit regkry om die twee te help ontsnap uit die donker kamer vol stukkende skoene?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Chuckey en Vriende Boek 1

Price range: R49.00 through R129.00

Prins William en die Affêre met die Bye is ‘n storie oor Prins William die Kalf, Chuckey die Boerbok, Donsie die Gans, Dirkie die Donkie en Struisie die Volstruis. Chuckey wil graag die nuwe inwoners op die plaas verwelkom, en sy vriende stap saam met hom. Chuckey kry ‘n blink plan om vir die volstruise ‘n geskenk te vat. Dit lei tot ‘n noue ontkoming met bye. Hulle vlug net betyds, maar arme Prins William is nie so gelukkig nie. Kom kuier saam met Chuckey en sy vriende en sien wat met Prins William gebeur. Kon hulle dit regkry om die geskenk aan die volstruise te gee, of was al die moeite tevergeefs?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Kom Speel Saam Ouma

Price range: R59.00 through R119.00

KOM SPEEL SAAM OUMA! is ’n kinderboekie saamgevat met al die pret en lekker speletjies wat ek as ouma saam met my vier kleinkinders kan geniet.
Om ’n ouma te wees, is ’n groot VOORREG en ’n HEERLIKE ervaring. Aan die Here spreek ek my dank uit vir goeie gesondheid om hierdie kosbare speeltyd en hul kinderlike opgewondenheid met hulle te deel.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Klokkeloempie

Price range: R49.00 through R149.00

Die Klokkejane van Klokkeland is baie snaakse kreature. Daar is blou Klokkejane en rooi Klokkejane. Hulle lyk soos ronde harige balle met groot oë en wye monde. Hulle het dun arms en bene. Vier vingers en vier tone aan elke hand en voet. Maar … Klokkeloempie is pers. Die enigste pers Klokkejaan in Klokkeland. Iewers tussen hierdie boek se bladsye is die geheim van Klokkeloempie se pers hare. Klokkeloempie verdwaal in die bos en terwyl jy lees, beleef jy sy avonture alleen in die nag. Gaan hy ooit weer sy pad terugvind huis toe?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Oppas Windgat

Price range: R49.00 through R139.00

Windgat die haan is dapper en vol planne, maar sy nuuskierigheid bring hom gou in die moeilikheid wanneer hy ’n vreemde dier ontmoet wat dringend hulp nodig het. Intussen het Pollie groot planne om in die huis te gaan loer, maar haar nuwe hoed sorg vir groot drama! Wanneer gevaar dreig buite die werf, moet Windgat en sy vriende wys wie hulle regtig is. Sal almal saamwerk om ’n groot avontuur te oorleef – of gaan vrees die oorhand kry?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hunty Book 3 Operation Dolphins

Price range: R59.00 through R169.00

In this third book in the “The Boy Jet Fighter” series – a ‘çhapter book’for 8 to 12 year olds – Michael finds himself once again in his flying dimension. This time the ‘Rebel’ islanders have more advanced fighters which Michael and his family have to deal with.
Fearing for the safety of his young pilots, Paul and the Elders of the Savu Island Group decide to arm the Hunter and Mirage. Join Michael in the cockpit as he learns new aerial combat skills.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hunty Book 1 Operation Gunboat

Price range: R59.00 through R159.00

This series is a book for young-readers that provides a gripping approach to fast jet fighter flying with all the thrill of real-life combat.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Snypoort Ridders en die Vuismuise

Price range: R59.00 through R149.00

Met poetse en planne om die Ridders weg te hou, sal Chris en sy maats mooi moet dink om nie deur die boelies uitoorlê te word nie. Hierdie boek, net soos die eerste twee in die reeks, beloof om die leser van begin tot einde geboei te hou.
Ook beskikbaar in die reeks:

Boek 1: Die Snypoort Ridders in die Spoorweghuis

Boek 2: Die Snypoort Ridders in die Wildsplaas Avontuur

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Vrolike versie-alfabet

Price range: R59.00 through R129.00

So speel-speel leer kindertjies die alfabet, van A tot by die zebra Z, met soveel hope pret, die basis van ons taal, so leer ons die kleinspan die alfabet.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wat is jou storie

Price range: R49.00 through R129.00

Op die plaas sorg drie hane vir groot opwinding, veral die wit haan wat sommer gou baklei. Iemand sien sy humeur en besluit om pret te hê – maar hoekom skrik Haan so vir ’n hemp op die gras? Intussen wil Dollie gaan swem sonder om na Ouma of Haan te luister – gaan sy haar les leer voor sy in die moeilikheid beland? En hoekom raas die alarm elke oggend so vreeslik? Ron en Rudie gaan ondersoek instel … as hulle dapper genoeg is!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Lekkerlees vir die kleinspan

Price range: R59.00 through R139.00

Lees is ongetwyfeld een van die belangrikste vaardighede wat ‘n kind nodig het om sukses in die lewe te behaal en lees begin reeds in die vormjare van ‘n kind.
Lekkerlees vir die Kleinspan bied jou kind ‘n wonderwêreld van woorde en kleur. Versies en prentjies wat die verbeelding aangryp en sodoende leer die kind om diere te ken.
Die stories neem die kind op ‘n verbeeldingsvlug waarin die kind hom/haar kan uitleef.
Ondersteun jou kind om die liefde vir lees en boeke te ontwikkel.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2