Kerneels Fourie is nie sommer enige hond nie—hy is ’n pratende Yorkie, ’n trotse Blou Bul en ’n selfaangestelde kenner van alles wat rondom hom gebeur. Wanneer hy en Cheeky na hul nuwe wêreld aan die Natalse kus verhuis, wag daar agter die hekkie ’n stoet onbekende diere en vreemde geluide. Van Kie Wiekies en sjongololos tot apies op die dak, hadedas onder die avokadoboom en ’n bokkie wat kos nodig het, maak elke dag nuwe vrae wakker. Kerneels se nuuskierigheid lei hom selfs na die see, waar ’n droom oor walvisse en dolfyne hom van plastiekbesoedeling leer. Hy moet ook uitvind watter diere gevaarlik kan wees, waarom mense soms verkeerde stories vertel en hoe om ander met sorg te behandel. Saam met sy ouers, Cheeky en Sussie ontdek Kerneels dat kennis oral skuil—selfs in ’n voëlvoerder, ’n padda op die vloer of ’n gesprek deur ’n hekkie. Hierdie warm, humoristiese versameling stories vier verbeelding, vriendskap, deernis en die klein keuses waarmee ’n mens of hond die wêreld ’n beter plek kan maak.
The real housewifes of Southport: Project DIY
Price range: R89.00 through R169.00When six feisty women in Southport tire of endless roadworks and community gloom, they form the Menopausal Mafia. Armed with wit, determination, and cupcakes, their unlikely quest to fix the town’s main road transforms them—and the entire community—amidst setbacks, suspicion, and local uproar.

Reviews
There are no reviews yet.