Annake Malan

Ons ma was Annake Malan, sy is gebore in Sasolburg.
Sy het later in haar lewe begin skryf, kinder stories, vir al haar kleinkinders. Voor sy hierdie boeke kon uitgee het sy verhuis na haar ewige woning by die Here.
Nou gee ons hierdie boekie uit sodat ons kinders haar stories sal kan lees en met nog meer liefde en mooi herinneringe aan hul ouma sal dink.

Hierdie boek is vir al my kleinkinders met liefde van ouma
Annike, Elijah, Josiah, Dawid, Roné, Christelle, Karlie, Gideon, Naomi, Judah✝, Janko, Lienke, Christina, Reinhardt, Rohan en Ethan

Author's books

Sara Seekat

R189.00

O, nee! Iets vreesliks is aan die gebeur in die see! Bottels, blikkies, vislyne en selfs motorbande dryf oral rond. Die
see is siek – dis die groot SB-epidemie! Gelukkig is Sara Seekat en haar beste maat Sanna nie bang vir ’n bietjie
avontuur nie. Wanneer diere siek, vasgekeer en hartseer by die seehospitaal aankom, besluit die twee vriendinne: genoeg
is genoeg! Hulle maak ’n dapper plan om al die rommel uit die see te kry – en om dit sommer reg by die mense terug te
besorg! Want hoekom moet seediere ly oor mense se morsigheid? Kom duik saam met Sara en Sanna deur borrels, seewier en
golwe vol opwinding. Ontdek hoe klein seekatte ’n groot verskil kan maak en leer hoekom dit so belangrik is om ons
planeet skoon te hou…