EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Haar verborge Noodlot

Price range: R39.00 through R109.00

Dihana Swanepoel skraap uiteindelik genoeg moed bymekaar om uit ’n gewelddadige huwelik te stap. Terug in haar tuisdorp en tussen goeie vriende, vind sy weer vrede. Tot Jonathan haar opspoor en haar nuutgevonde vrede van vooraf versteur.
Net toe sy dink sy is nou finaal ontslae van Jonathan, kry sy ’n ontstellende oproep van Johanthan se prokureur. Sy is die voog van Lexi, ’n sestienjarige dogter wat wees gelaat is uit Jonathan se vorige verhouding.
Vasberade om Lexi op te spoor nadat sy geheimsinnig verdwyn het, begin Dihana ‘n intense soektog wat haar lewe omvêrwerp. Sy staar haar eie demone in die gesig, insluitend die pynlike herinneringe aan haar mislukte huwelik.
Ondanks hierdie uitdagings, bly Dihana vasberade en mobiliseer hulp van haar gemeenskap en familie. Haar ontmoeting met Lexi is emosioneel en hartverskeurend, wat lei tot ‘n dieper begrip en ‘n sterk verbintenis tussen hulle.
Dihana se reis is ‘n verhaal van hoop, vergifnis, en die krag van familiebande, terwyl sy streef om ‘n veilige en gelukkige toekoms vir Lexi te verseker.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Hot
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Bloed Spook

Price range: R109.00 through R289.00

 

Bloed Spook is ideaal vir lesers wat hou van rillerverhale wat hul voete in die werklikheid hou, terwyl dit tog ‘n element van die onverklaarbare bevat. Lesers van plaasfiksie wat met donker en spanningsvolle ondertone gevul is, sal hierdie boek geniet.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ané

Price range: R39.00 through R109.00

Na Anika se afsterwe, word die sewejarige Ané in die sorg van haar ongevoelige, alkoholis pa gelaat. Sy word daagliks mishandel, net kos gegee wanneer dit hom pas en haar van alle kinderlike plesier en menslike regte ontneem. Daagliks word sy in hulle bouvallige huis op die klein plattelandse dorpie, Klaasdorp, toegesluit om huishoudelike take uit te voer en soos ’n slaaf al haar pa se bevele uit te voer. David, Ané se halfbroer kry haar jammer en probeer sy bes om haar te beskerm, maar hy is self ook ’n slagoffer van Gert se buie. Met hongerpyne wat knaag dink sy een oggend aan die lekker kos by oom Paul se kafee. Terwyl Gert by die werk is, en David by die skool, klim sy deur haar pa se kamervenster. Met haar te klein rokkie, stukkende sandale, en kneusmerke toegeverf met Anika se ou grimering, vaar sy die strate in. Sal David haar uit die wrede kloue van hul pa kan red, of gaan Ané sterwe aan die wonde van sy wrede uitbarsting…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Omnibus 5

Price range: R99.00 through R239.00

“Boeke is die nalatenskap van ‘n groot gees aan die mensheid, wat van geslag tot geslag oorgelewer word as geskenke aan die ongeborenes.”~ Joseph Addison
Kom deel in die verhale van Baron Bart, Tulpe vir Talina en Familiegrond. Beleef ‘n nalatenskap wat die skrywers aan die lesers gee.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Omnibus 4

Price range: R69.00 through R179.00

Maak jou reg vir ʼn onvergeetlike leesreis met drie unieke verhale wat jou van die maan se skadukant tot in die bosveld se hart neem!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page