Die Skim van Donkervallei
Price range: R69.00 through R169.00Wanneer die liggaam van Bull de Beer se gewese vrou, Sadidja, in die donker van Donkervallei ontdek word, word sy
wêreld weer eens aan skerwe geruk. Die voormalige speurder, gebreek deur jare se trauma en skuld, word onverwags die
hoofverdagte in ’n moord wat veel dieper sny as die wraak van ’n verwerkte huwelik. Terwyl korrupsie, bedrog en ’n
ongesiene vyand sy lewe binnesluip, doen Bull wat hy die beste ken—hy soek na die waarheid, selfs al moet hy deur die
mees verraderlike skaduwees stap. ’n Donker netwerk van bose magte, ’n geheimsinnige vrou wat té veel weet, en ’n naam
wat oral soos ’n fluistering opduik: die Skim….
