Andrew Alberts

Andrew Alberts het in die destydse Suidwes-Afrika grootgeword. Hy begin sy loopbaan as onderwyser en kies later die sielkunde. Hy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal ’n doktorsgraad in sielkunde aan RAU (nou die Universiteit van Johannesburg). Hy skryf kortverhale en publiseer gereeld in Huisgenoot en ander tydskrifte. Sy werk verken menslike verhoudings, keuses en identiteit met ’n skerp, empatiese blik. Andrew is getroud; hy en sy vrou het drie dogters, en hulle woon in Somerset-Wes.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Stemme uit ʼn Vervloë Verlede

Price range: R109.00 through R309.00

Elsa de Waal dra al jare lank aan ’n geheim – die storie van haar man, Henk, die arm bywonerseun uit Suidwes wat deur swaarkry, vernedering en oorlog moes veg om sy plek in die lewe te vind. Sy liefde vir Elsa was sy redding, maar ook sy ondergang. Nou, aan die einde van haar lewe, weet Elsa sy kan nie sterf sonder om die waarheid oor Henk te vertel nie – oor hoe verkeerde keuses sy lewe gekos het. Wanneer die jong skrywer Jasper Muller uiteindelik instem om haar dagboeke te lees, word hy onherroeplik ingetrek in Henk en Elsa se lewens – twee mense vasgevang tussen liefde en plig, skuld en vergifnis.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page