Annalize Thiart

Annalize Thiart is in die Paarl gebore en het haar skoolloopbaan voltooi aan Hoërskool Goudini in Rawsonville. Sy is getroud met Nico Thiart, ’n voormalige onderwyser, en is die ma van drie kinders. Sy is ook ’n trotse peetma van twee peetkinders.
Op 33-jarige ouderdom is Annalize met Lupus gediagnoseer — ’n keerpunt wat haar lewe ingrypend verander het. Beleef die lewe met Lupus is haar eerste poging om haar persoonlike ervaring op papier vas te lê, nie as ’n skrywer nie, maar as iemand wat self hierdie pad stap.
Rondom haar vyftigste verjaarsdag het sy ’n leap of faith geneem en ANNABeleef begin — ’n gemeenskapsgerigte koffiehuis wat fokus op menswaardigheid, insluiting en betekenisvolle verbindings, waarvoor sy reeds verskeie toekennings ontvang het. Hierdie stap het haar oortuiging versterk dat dit nooit te laat is om nuut te begin of drome ’n kans te gee nie.
Die boek is nie geskryf as ’n handleiding of deskundige gids nie, maar as ’n eerlike, mens-tot-mens-verhaal oor aanvaarding, veerkragtigheid en die keuse om steeds die lewe ten volle te beleef, ten spyte van ’n chroniese siekte.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

BELEEF die lewe met LUPUS

Price range: R99.00 through R249.00

Wat gebeur wanneer jou liggaam begin veg teen jou, maar jou gees weier om op te gee? Beleef die lewe met Lupus is ’n eerlike, roerende verhaal van ’n vrou wat leer leef met ’n chroniese outo-immuunsiekte – en steeds kies om voluit te leef. Van ’n skielike diagnose op ’n jong ouderdom tot jare van pyn, moegheid en emosionele stryd, neem sy die leser saam op ’n reis van verlies, aanvaarding en nuwe hoop. Met rou eerlikheid en diep geloof vertel sy van dae van wanhoop, maar ook van stille oorwinnings en onverwagte seëninge. Hierdie boek is nie net vir mense met lupus of chroniese siektes nie, maar vir elkeen wat al moes leer aanpas, stadig moes leef en weer moes glo. Dis ’n getuienis van genade, deursettingsvermoë en die krag om – ten spyte van alles – die lewe steeds te beleef.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page