Wat gebeur wanneer jou liggaam begin veg teen jou, maar jou gees weier om op te gee? Beleef die lewe met Lupus is ’n eerlike, roerende verhaal van ’n vrou wat leer leef met ’n chroniese outo-immuunsiekte – en steeds kies om voluit te leef. Van ’n skielike diagnose op ’n jong ouderdom tot jare van pyn, moegheid en emosionele stryd, neem sy die leser saam op ’n reis van verlies, aanvaarding en nuwe hoop. Met rou eerlikheid en diep geloof vertel sy van dae van wanhoop, maar ook van stille oorwinnings en onverwagte seëninge. Hierdie boek is nie net vir mense met lupus of chroniese siektes nie, maar vir elkeen wat al moes leer aanpas, stadig moes leef en weer moes glo. Dis ’n getuienis van genade, deursettingsvermoë en die krag om – ten spyte van alles – die lewe steeds te beleef.
‘n Poskaart uit Moskou
Price range: R99.00 through R339.00Gebaseer op ‘n ware verhaal.
‘n Angswekkende gil weergalm in die donker gang af. Afgemete voetstappe klop onheilspellend op die harde teëls. Koue oë staar deur die loergat in die swaar houtdeur.
Ek is hier in Moskou Oblast se sanatorium. Hoe het ek hier beland – was dit deur die KGB of Vladlen Mikhailov se Vierde Departement? Hulle niksseggende kantore is mos hier naby, net ? paar honderd meter wes van die Kremlin, by 19 Bolshoi Znamenskylaan.
Gedagtes warrel in my agterkop. Wie het vir Gerald Bull geskiet en waarom?

Reviews
There are no reviews yet.