Brenda van Vuuren

Brenda van Vuuren, gebore op 22 Desember 1994 in Middelburg in die Oos-Kaap, bring haar kinderjare daar deur voordat sy op dertienjarige ouderdom saam met haar ma en jonger broer na Cradock verhuis. Sy werk as boekhouer by ’n klein besigheid, maar haar hart lê by die skryf, visvang en die buitelewe. Brenda begin skryf in ’n tyd van persoonlike worsteling, en stuur haar eerste manuskrip sonder enige formele opleiding aan Malherbe Uitgewers. Met aanmoediging van Heleen sluit sy aan by ’n skryfkursus waar sy die inspirerende Wilmari Jooste ontmoet — iemand wat haar help om haar unieke skryfstem te ontdek. Brenda en mede-skrywers publiseer saam ’n kortverhale-bundel by Malherbe Uitgewers. Sy skryf oor die werklikheid én oor die ontsnapping wat fantasie bied. Al het sy nog nie ’n vaste styl of genre nie, glo sy in die krag van woorde om beide die mooi en die rou van die lewe te verwoord.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ané (Groot Druk)

Price range: R59.00 through R159.00

Na Anika se afsterwe, word die sewejarige Ané in die sorg van haar ongevoelige, alkoholis pa gelaat. Sy word daagliks mishandel, net kos gegee wanneer dit hom pas en haar van alle kinderlike plesier en menslike regte ontneem. Daagliks word sy in hulle bouvallige huis op die klein plattelandse dorpie, Klaasdorp, toegesluit om huishoudelike take uit te voer en soos ’n slaaf al haar pa se bevele uit te voer. David, Ané se halfbroer kry haar jammer en probeer sy bes om haar te beskerm, maar hy is self ook ’n slagoffer van Gert se buie. Met hongerpyne wat knaag dink sy een oggend aan die lekker kos by oom Paul se kafee. Terwyl Gert by die werk is, en David by die skool, klim sy deur haar pa se kamervenster. Met haar te klein rokkie, stukkende sandale, en kneusmerke toegeverf met Anika se ou grimering, vaar sy die strate in. Sal David haar uit die wrede kloue van hul pa kan red, of gaan Ané sterwe aan die wonde van sy wrede uitbarsting…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ané

Price range: R39.00 through R109.00