Chanelle Krüger

Chanelle Krüger woon in Napier, Nieu-Seeland, bekend as die Art Deco-hoofstad. Sy is getroud en ma van twee dogters. Gebore in Vryheid, KwaZulu-Natal, het sy in verskeie mynwerkersdorpe grootgeword voordat die familie in 2008 na Witbank verhuis het.

Chanelle het van kleins af ’n lewendige verbeelding en ’n liefde vir stories. Boelie-ervarings op skool het haar gelei om humoristiese skryfwerk as ’n uitlaatklep te gebruik. Haar eerste verhale het groot gewildheid by medeleerlinge geniet en haar selfvertroue as skrywer versterk.

In 2012 het sy die idee vir haar debuutroman, Pêrel, ontvang. Dit is ’n Christelike roman wat sensitiewe lewenskwessies aanspreek en die pad van genesing en heiligmaking ondersoek. Chanelle sien skryfwerk as haar bediening en gebruik humor om lesers te bemoedig en siele te wen.

Sedert 2019 skryf sy ook kortverhale wat sy op haar Facebook-blad, Chanelle Krüger Stories, deel.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Pêrel

Price range: R99.00 through R299.00

In Pêrel word verskeie sensitiewe kwessies met deernis aangeraak. Die leser word deel van Mirna en Dylan se wêreld en ervaar die oomblikke van hartseer en vreugde saam met hulle. Die lewe is beslis nie altyd maanskyn en rose nie, maar is vol kosbare oomblikke en genotvolle herinneringe wat alles die moeite werd maak. As jy besluit om die lewe deur God se oë te sien, kan en gaan jy bo jou omstandighede uitstyg.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page