Skadu van tyd
R159.00Hierdie bundel spreek die lewe aan, die seisoene waardeur elke mens moet gaan. Die besef kom dan; sonder ons Vader leef ons in skadu van tyd.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Christiaan van Barkenhuizen is ’n digter en barbier van Potchefstroom. Sy vriende en kliënte noem hom dikwels “Barkies”, na sy besigheid, Barkies Barbier Manshaarkapper. Hy is op 31 Mei 1968 in Johannesburg gebore en het grootgeword in Sabie, Phalaborwa, Graskop en later Potchefstroom, waar hy sedert 1981 woon.
Christiaan is van kleins af lief vir woorde. Hy het sy eerste gedig reeds op sewejarige ouderdom geskryf. Sy oupa het hom aangemoedig om nooit op te hou dig nie. Mettertyd het hy ’n digbundel saamgestel en Liefdeskind met hulp van ’n mentor gepubliseer. Hy werk tans aan ’n tweede en derde bundel.
Sy styl fokus op Christelike temas, liefde en hartseer. Sy gedigte is eerlik, emosioneel en gebaseer op sy eie lewe en ervarings. Hy wil hê sy werk moet lesers diep raak. Hy glo poësie moet praat met mense wat deur verlies, liefde of alledaagse pyn gegaan het. Skryf is vir hom ’n roeping.
Hierdie bundel spreek die lewe aan, die seisoene waardeur elke mens moet gaan. Die besef kom dan; sonder ons Vader leef ons in skadu van tyd.
My liefde vir skryf kom van Graskop. Ek is deur `n juffrou voorgestel aan boeke en vir my geleer dat `n boek jou beste vriend is. Omdat `n boek altyd daar is vir jou. Jou op `n reis te neem na verre lande en avonture..Onder die liefdesboog is saamgestel uit my versameling gedigte. Skryf is soos `n kind, dit groei soos elke skrywer deur hulle lewe groei. Soms ook maar stoei. My skryf styl is anders omdat ek vir mense skryf. Ek skryf vir hulle seer, hulle liefde verlies en goeie van elke dag