Ebben van Zyl

Ebben Van Zyl is in Parow, Kaapprovinsie gebore. Hy bring egter meeste van sy grootword jare in Pretoria deur waar hy matrikuleer aan die Hoërskool Menlopark in 1976. Hy verwerf sy DCom graad aan die Universiteit van Pretoria in 1991. Sedert 1994 doseer hy aan die Universiteit van die Vrystaat waar hy tans ‘n emeritus professor aan die Department Bedryfsielkunde is. Hy publiseer talle artikels oor leierskapverwante onderwerpe en is die redakteur en mede-skrywer van 3 leierskapboeke (onder andere “Leadership in the African Context”: 2009, 2016 en 2022 uitgawes, “Peace Leadership: Self-transformation to Peace” en “Chaos is a gift? Leading Oneself in Uncertain and Complex Environments”). Hy ontvang die toekennings: Top Presteerder: Navorsing aan die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (1999 en 2015, Universiteit van die Vrystaat) en “Research Excellence”, Universiteit van die Vrystaat (2004). Nadat hy in 2021 afgetree het, skrywe hy afrikaanse boeke wat handel oor die geskiedenis en ontwikkeling van mooi en interessante plekke in Suid-Afrika.

Ebben is getroud met Erna, en het drie seuns (Altus, wat getroud is met Christi; Ignus wat getroud is met Carla en Marnus wat in ‘n verhouding is met Kyra). Verder het hy twee kleinseuns: Michau en Albert. Sy stokperdjies sluit in tyd spandeer met kleinkinders, bergfietsry, voëls besigtig, reis en fotografie.

Author's books

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Mjejane and the Kruger National Park Region

Price range: R99.00 through R350.00

Mjejane has been described by one of its visitors as follows: The first time I visited Mjejane, I was captivated by the beauty of nature and the tranquillity of the surroundings. After turning off the N4, we made our way to the Mjejane River Lodge. Along the route, we passed a naboom tree the largest and most beautiful I have ever seen. Further on, we came across a natural waterhole right beside the road, where a large herd of buffalo, accompanied by playful warthogs, were drinking and enjoying the mud.
At the Lodge, we were enchanted by the large fig and marula trees in the area. A particular highlight was watching a woodland kingfisher repeatedly returning to its nest to feed its young. Another unforgettable moment was observing the warthog family residing on the premises wandering through the Lodge s lounge on their way to the pool. These are some of my most cherished experiences. Sitting with my feet in the pool, a beer in hand, and watching animals like hippo, buffalo, giraffe, and elephant from such close proximity was truly magnificent.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Buffelsbaai en die Goukamma-omgewing Van toeka tot nou

Price range: R99.00 through R350.00

Buffelsbaai en die Goukamma-omgewing (wat ongeveer 20 kilometers van Knysna en 59 kilometers van George is), word deur sommige mense as die mooiste en mees diverse gebied in ons land beskou. Woorde wat gebruik word om die area te beskryf is gewoonlik “lushof”, “pragplek”, “paradys” en “verskeidenheid”. Die natuurreservaat van 2500 hektaar bestaan uit verskillende tipes fynbos en woude, sowel as uit vleilande, vloedvlaktes, ʼn varswatermeer en ʼn riviermonding terwyl die marienereservaat uit ʼn kuslyn van ongeveer 18 kilometers bestaan. As gevolg van die mooi en diverse omgewing word verskeie (en skaars) voëls, visse, diere sowel as plante en boomspesies hier aangetref. Behalwe dat die omgewing baie mooi en divers is, het die gebied ʼn baie ryke geskiedenis wat reeds in die 1700’s ontstaan het. Marius Bakkes, historikus en skrywer beskryf die boek soos volg: “Baie interessant, insiggewend, volledig, boeiend en maklik leesbaar.”

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page