Elizabeth Jordaan

Elizabeth Jordaan, gebore en getoë in die Vrystaat, het op ’n plaas in die Viljoenskroondistrik grootgeword. Sy het as kind ure in die dorpsbiblioteek deurgebring en verslind boeke van Elmar Steyn, Alba Bouwer, P.J. Schoeman en Langenhoven.

Na haar aftrede in 2016 begin sy skryf—iets wat sy al jare wou doen. Sy verkies misdaadfiksie en skryf dus in dié genre. Skrywers soos Agatha Christie en Ruth Rendell beïnvloed haar styl sterk, veral hul vermoë om spanning te bou en lesers te laat raai.

Elizabeth bewonder ook Ernest Hemingway vir sy bondige styl en streef daarna om met min woorde baie te sê. Haar stories hou lesers vas met slim raaisels, sterk karakters en ’n liefde vir taal wat diep gewortel is in haar kinderdae tussen die Vrystaatse vlaktes.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dwaalspoor

Price range: R39.00 through R139.00

Toe reisjoernalis en voëlkyker Brenda Malan haar skip verpas op die afgeleë eiland Darion, word sy gered deur ’n seun, Ben, en sy hond. Sy vind tydelike verblyf by die Taylors en besluit om in haar elf dae op die eiland stories na te spoor. ’n Verdagte seilskip en geheimsinnige aktiwiteite by die hawe wek haar nuuskierigheid. Wanneer sy foto’s neem van ’n verdagte toneel, besef sy nie dat haar soektog na ’n storie haar dalk in gevaar mag plaas nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page