Eric von Benecke

"Daar is lewe in die buitenste ruimte. Die geheim is daar tussen die sterre…"

Eric von Benecke is op 13 Oktober 1967 in Sasolburg gebore en het sy vormingsjare in Pretoria deurgebring. Van kleins af het hy ’n liefde vir stories gehad en al vroeg begin skryf, maar dit was eers in 1992 dat hy ernstig begin skryf het aan sy reeks Sterrevegters. Sedertdien het hy verskeie ander verhale geskryf, hoofsaaklik in die genres van toekomsfiksie, ruimtefiksie en fantasie.

Sy verbeelding is diep gewortel in die sterre. Reeds op tienjarige ouderdom, terwyl hy een aand na die naghemel gekyk het en 'n vliegtuig verbygesweef het, het hy homself afgevra of daar nie dalk stories tussen die sterre skuil nie. Daardie oomblik het ’n vonk laat oorspring — en sedertdien het die sterre nooit opgehou fluister nie.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sterrevegters Boek 6 Die Skrikbewind

Price range: R89.00 through R219.00

’n Onmoontlike ontdekking verander alles: ’n reuse plat planeet, Altozaan, skuil in ’n versteekte heelal — en wat daarop wag, is dodeliker as enigiets wat die Sterrevegters al beleef het. Wanneer Admiraal Edric Icer alleen besluit om die vreemde planeet te verken, stap hy reguit in die kloue van Landoro Fargo, ’n wrede heerser wat homself as die enigste ware Kajolushka beskou. Hy word gevange geneem, gemartel en beroof van vryheid, moet Edric nie net teen ’n vyand veg nie, maar ook teen vrees self. Intussen waag Kaptein Willien Icer alles om haar seun te red, terwyl haar eie lewe stilweg aan ’n draadjie hang. Nuwe bondgenote word gemaak, onwaarskynlike liefde ontvlam, en ou vyande keer terug —gevaarliker as ooit. Wanneer magsbeheptheid, wraak en ambisie bots tussen die sterre, is ontsnapping nie genoeg nie. Sterrevegters Boek 6 is ’n donker, spanningsbelaaide hoofstuk waar oorlewing ’n prys het — en niemand ongeskonde bly nie. Is die sterre nog ’n toevlug… of ’n slagveld?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sterrevegters Boek 5 Die Derde Sterre Oorlog

Price range: R89.00 through R209.00

Die heelal is weer op die rand van vernietiging. Die vreesaanjaende planeet Ude Ramazor het reeds twee planete tot stof laat vergaan — en Talbot is volgende. Maar hierdie keer het die ander stelsels teruggeveg: ’n maan word omskep in ’n massiewe aanvalswapen, gereed om Ramazor uit te wis. Te midde van hierdie epiese ruimte-oorlog staan Kilner Valkener, ’n leier verteer deur wraak, en Anleen Lindor, die vrou wat hom liefhet, maar ook die sleutel tot sy ondergang dra. Wanneer liefde en lojaliteit bots, moet Anleen ’n onmoontlike keuse maak — om Kilner te red, of om die heelal van sy tirannie te bevry.
Intussen groei ’n nuwe generasie van vegters op: Zuraida, Niam en Michal. Hulle drome, geheime en dade gaan die sterre se toekoms bepaal. Bloed, verraad, passie en hoop meng in hierdie vyfde aflewering van die Sterrevegters-reeks — ’n avontuur so intens dat jy tot die laaste bladsy sal klou. Is daar nog plek vir liefde tussen die sterre? Of sal wraak en oorlog alles verteer?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sterrevegters Boek 1. Kragte. Magte en Helde

Price range: R119.00 through R299.00

Maak gereed vir ‘n epiese reis deur verre sterrestelsels, sonnestelsels en planete in die eerste boek van die Sterrevegters-reeks. In ‘Magte, Kragte én Helde’ sal lesers op ‘n opwindende avontuur gevul word met spanning, aksie en intrige geneem word.
Volg die storie van twee jong seuns, Rommozor en Tallottara, terwyl hulle aan hul lotgevalle bekendgestel word – een as ‘n draer van die Donker Mag en die ander as ‘n verdediger van die planeet Raggamajos. Soos hulle in mans groei, bly die uiteindelike vraag – wie sal as oorwinnaars uit die stryd tree, goed of kwaad?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page