Padlangs
R139.00Padlangs is n pragtige versameling wat die hart raak en lank in die
gedagtes bly voortleef.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Finachlie Diederiks is in Heidelberg gebore, en haar skoolloopbaan in Kareedouw afgeskop. Sy was twaalf jaar toe haar ma sterf en daarna was hulle nooit egter lank op een plek nie en moes sy telkens noodgedwonge aanpas. Vanaf graad 10 was sy in Hoërskool Nylstroom en het daar gematrikuleer.
Na skool het sy Onderwys studeer (Snr en FET fase) met Engels as hoofvak. Sy het reeds haar Honneursgraad voltooi en is tans besig met haar Meestersgraad in Toegepaste Linguistiek.
Finachlie is ‘n onderwyseres by Hoërskool Nylstroom waar sy Engels doseer. Sy is getroud en het ook twee seuns en woon tans steeds in Nylstroom. Sy het egter die heeltyd hierdie brandende begeerte om haar emosies en gewaarwordinge in Afrikaans weer te gee.
Padlangs is n pragtige versameling wat die hart raak en lank in die
gedagtes bly voortleef.
Hierdie werk kom uit my hart en ek het hierdie inspirasie in mense, gedagtes en ervarings van my alledaagse lewe gekry, in seisoene wat ek ervaar wat ek in ink wou vasvang. Hierdie is my debuutbundel en ek is in elke stukkie poësie brutaal eerlik in hoe ek dinge beleef.