Handa van der Westhuizen

Handa van der Westhuizen is in Randfontein gebore en het haar kinderjare in Krugersdorp deurgebring, waar sy steeds woon. Sy werk as ’n Persoonlike Assistent by MSF Tax & Accounting. Handa is die middelkind van drie, met ’n ouer broer en ’n jonger suster. Sy en haar man het drie kinders — Naydean, Byrne en Armand — wat, soos sy sê, nie in haar baarmoeder nie, maar in haar hart gegroei het. Sy is ook ’n trotse ouma van drie kleinkinders: Zydrian, Lexie en Jansen Daniël.

Skryf was nog altyd ’n deel van Handa se lewe. Sy het van jongs af dagboek gehou en daarin troos, verwerking en perspektief gevind. Haar liefde vir kortverhale lê in die vermoë om net genoeg te sê om die leser se verbeelding aan te wakker. Sy glo dat skryf ’n innerlike gesprek is tussen self en gedagtes — ’n manier om met ink op papier mense se harte te raak. Haar eerste manuskrip verskyn by Malherbe Uitgewers — ’n droom wat sy met dankbaarheid, liefde en familie se ondersteuning verwesenlik het.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Plooie in my hart en ander stories

Price range: R89.00 through R209.00

“Plooie in my hart en ander stories” is ‘n versameling kortverhale wat ‘n verskeidenheid verhale bevat wat die emosionele dieptes en hoogtes van die menslike ervaring ondersoek. Dit bevat temas soos liefde, verlies, geloof, en hoop. Baie van die verhale weerspieël die uitdagings en vreugdes van die alledaagse lewe en bied ‘n mengsel van hartseer en geluk. Die skrywer se doel is om lesers te laat identifiseer met die karakters en om hulle te herinner dat die lewe vol tweede kanse is. Die verhale in die bundel sluit in stories oor gesinne, verhoudings, en die persoonlike groei van individue. Elke verhaal is ‘n reis na die diepste dele van die menslike hart en siel, en bied lesers die geleentheid om na te dink oor hul eie lewensverhale. Om ñ oomblik stil te raak en ophou om hartseer te wees oor wat jy nie het nie. Blom waar jy geplant is en begin lewe vir dit wat jy het, want dit sit die huppel in jou stap en haal die plooie uit jou hart.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page