Helena van der Walt

Helena van der Walt het in Pretoria, Suid-Afrika, grootgeword. Haar liefde vir die Afrikaanse taal het vroeg begin, aangespoor deur passievolle en uitstekende Afrikaanse onderwysers en haar voorliefde vir lees. Van kleins af het haar ma haar gereeld biblioteek toe geneem en haar só geleer om boeke lief te hê. Reeds in haar laerskooljare het Helena begin skryf—kortverhale en gedigte het uit haar pen gevloei toe sy skaars dertien was.

Helena se skryfwerk vind inspirasie in haar lesers. Sy sien dit as ’n voorreg om ’n stem in ander se lewens te wees. Skryf is vir haar meer as ’n stokperdjie; dis haar roeping. Deur haar stories en gedagtes wil sy mense verryk, genees en leer.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Bedelaar

Price range: R99.00 through R209.00

Die Bedelaar is n geestelike, fiktiewe verhaal van Teddie, wat op die rand van die samelewing wandel. ‘n man wie se lewe verwoes is deur pyn, verliese en verlore drome. Kersfees bring nie meer vreugde nie, net ‘n gedempte herinnering aan wat eens was. Terwyl Teddie deur die strate van die stad swerf, sukkel hy nie net met aanvaarding nie, maar met die spook van sy verlede wat hom bly agtervolg. Dit is ‘n storie van hoop en verlossing te midde van wanhoop, van ‘n man wat sy menswaardigheid probeer behou wanneer alles anders verdwyn. My hoop is dat Teddie ons elkeen net weer bewus maak dat elke geskape mens, God se liefde verdien.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page