Herman Cantoni

Herman Cantoni is ’n digter uit Pretoria met sy wortels in die Oos-Kaap. Hy glo dat hy al in digvorm begin praat het nog voor hy dit begin neerskryf het. Sy werk fokus op lewenslesse en bestaan uit ’n introspektiewe kyk na die mens se reis, soos vasgevang in sy debuutbundel Verbyflug.

Wanneer Herman nie skryf nie, skilder hy met waterverf en ink. Hy werk steeds voltyds as takelaar, maar vind kreatiewe vryheid in poësie. Sy inspirasie kom uit woorde en frases wat gedagtes aanwakker wat neergeskryf móét word. Sy eerste gepubliseerde gedig, Die Kunstenaar se Donker Kant, vorm deel van sy eerste bundel.

Herman lees graag NP van Wyk Louw en onthou White Fang as die eerste verhaal wat hom diep geraak het. Hy werk tans aan ’n nuwe digbundel én ’n samewerkingsprojek saam met sy vrou, Ina. Sy lesers is sy dryfkrag en grootste inspirasie.

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

In Duet

R159.00

Herman en Ina poog met hierdie skrywe om nie net met ‘n keur van verhale ontspannings en leesgenot te verskaf nie, want elke verhaal word vergesel deur ‘n gedig. Man en vrou vul mekaar aan deur die ink uit hul penne saam te vloei.
Hul liefde vir skep met woorde vloei saam in verhale soos Die Kind Van die Boorman wat Ina vertel en Herman volg met ‘n gedig in volmaakte duet.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Verbyvlug

R189.00

Lees die bundel, 7×70 keer, lees jou situasie en beeld raak. Interne en eksterne situasies, omstandighede is hier vasgevat wat jou lewe beïnvloed. Aan die einde is dit jou keuses, wat maak dat jy ‘n aanvaarbare beeld het. Dit is moeilik om ʼn skildery wat klaar is te verander. Maar nie onmoontlik nie by ‘n mens nie.
Weerbegin, oorbegin maak ‘n paradigma skuif die keer gebruik net sagter kleure met sterk beginsel lyne. Waar bevind jy jou in jou verbyvlug….

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page