Kaalvoetdrome se Onthou
Price range: R99.00 through R229.00God se roepstem beur deur die hart van ? Namakwaland-kaalvoetkind, gevoed met xhouroe-koring, xhaba-brood, xhom-vleis en biesmelk. ? Kind met drome, toe haar drome nog nie drome was nie. Wat weet jy tog van drome in jou kleintyd? Haar liefde vir skryf tamboer en spook in haar hart. Hoekom?
Dis Sy roepstem en gawe wat uit haar hart wil ontsnap. Hy bring Sy woorde op vlerke, sý moet dit gee, vir hulle wie smag na Sy juk, maar tevergeefs in wanhoop bly wag. Sy kosbare woorde bloei in haar hart, sy gee dit aan jou: Daar is HOOP. Dankie, Here, vir die onthou van kaalvoetdrome wat bloei en groei nes die Namakwalandse blommetjies, wat gedy op die verkwikkende genade van ons Skepper.
Kaalvoetdrome Ek verlang na kaalvoetdrome wat roepstem uit my hart oor grou verledes oud oorlê deur seisoene draal maar steeds in my flonkernes sterretjies ver en blink in die stille donker as my drome kaalvoet wink.
