Jasper Nieuwoudt

"Waardeer en koester die pragtige streektaal en Namakwalandse humor."

Jasper Nieuwoudt is ’n storieverteller van Vanrhynsdorp, diep gewortel in die klipvelde en karakters van Namakwaland. Hy het in hierdie unieke streek grootgeword, en die mense, insidente en streekstaal van die gebied vorm die kern van sy vertellings. Sy eerste stories het in skoolopstelle begin, maar eers in 2018/19 het hy ernstig begin skryf.

Jasper se nuutste boek, Boerseep en Brakwater, is ’n bundel stories vol humor en menslikheid, geskoei op die geure van sy geboortestreek. Hy werk tans saam met Dr. Andri Nieuwoudt aan ’n nuwe versameling Namakwalandse vertellings. Wanneer hy nie skryf nie, lees hy of is besig met eiendomsontwikkeling.

Hy bewonder skrywers soos Dana Snyman en Gert Sarrisam, en haal sy inspirasie uit die humor en warmte van die mense om hom.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Boerseep en brakwater

Price range: R99.00 through R359.00

Die titel van die boek: “BOERSEEP EN BRAKWATER” gee erkenning aan twee lewensnoodsaaklikhede waarmee Namakwalanders noodwendig in my tyd moes klaarkom. Daar is, behalwe die mooi Afrikaans wat daar uit die hart (en nie die teksboek nie) gepraat word, nog dinge wat eie aan Namakwaland is. Twaksboom, kraalbos, oostewind en gousblom is ‘n paar, maar boerseep en brakwater het hul eie storie en karakter.
In kort kom dit daarop neer dat boerseep ons enigste kosbare selfgemaakte skoonmaakmiddel was. Jouself, jou klere, jou huis, alles is daarmee gereinig.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page