Julian Müller

Julian Müller is Professor Emeritus van die Universiteit van Pretoria. Hy het daar gewerk sedert 1990, waar hy eers professor in Praktiese Teologie was, toe Hoof van die Departement Praktiese Teologie en hy het in 2012 afgetree as Adjunk Dekaan van die Fakulteit Teologie. Hy het gedoseer in die vak Pastoraat en het in narratiewe pastoraat gespesialiseer. Na sy aftrede is hy aangestel as Senior Navorsingsassistent verbonde aan The Centre for the Advancement of Scholarship aan die Universiteit van Pretoria. In daardie hoedanigheid was hy genooi om as een van die hoofnavorsers deel te neem aan die Ubuntu Navorsingsprojek van UP, befonds deur die Templeton World Charity Foundation. As vrug van hierdie navorsingsprojek is 'n boek by Routledge gepubliseer: Unfolding Narratives of Ubuntu in Southern Africa (2019).

Voor sy universiteitsloopbaan was hy predikant van drie NG gemeentes: Johannesburg-Oos, Primroseheuwel en Universiteitsoord.

Hy het talle akademiese artikels gepubliseer en as redakteur en medeskrywer van verskeie boeke opgetree. 'n Verskeidenheid vakwetenskaplike en algemeen-teologiese boeke het uit sy pen verskyn, onder andere Die erediens as fees (in 1992 met die Andrew Murrayprys bekroon); Gesinne van binne; Om tot verhaal te kom; Reis-geselskap; Opstanding; Om te mag twyfel; Geloof anderkant Sondag.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Geloofsgesprekke in die Tsitsikamma

Price range: R99.00 through R209.00

Die Tsitsikamma is die konteks waar hierdie gesprekke oor geloofskwessies plaasvind. Die omgewing met die see en die bos bied metafore vir die gespreksgenote om te reflekteer op hulle verstaan van God en op talle vrae wat daaruit voortvloei. Die dertien gesprekke is breedweg gebaseer op die geloofstellings van die Twaalf Artikels, waarop krities maar simpatiek gereflekteer word.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page