Karien de Villiers

Karien de Villiers woon tans in 'n aftree-oord in Kempton Park. Sy skryf rympies en verse vir kinders tussen 4 en 12 jaar, en werk tans aan 'n avontuurverhaal vir kinders van 9 tot 12 jaar oor natuurbewaring. Sy gebruik dikwels 'n skuilnaam soos Riene de Villiers of H.K. de Villiers wanneer sy skryf.

Karien is in Namibië gebore en het op ‘n plot aan die Oos-Rand grootgeword. Die eenvoudige maplotter-lewe het haar liefde vir die natuur gevoed. Sy lees graag oor natuurbewaring en gebruik daardie temas in haar werk.

Sy het reeds op skool begin skryf, maar het eers in 2018 ernstig aan haar bundel begin werk. Kinderlesers bly sentraal in haar proses, en sy hoop haar werk moedig hulle aan om die buitelewe en kreatiwiteit te ontdek. Karien geniet ook musiek maak, lees en stap. Haar gunstelingskrywers sluit Dana Snyman, Jan Spies en Charles Bosman in.

Author's books

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Woelwoorde

Price range: R69.00 through R139.00

Afrikaans het ’n ryk tradisie van kinderverse – ’n skatkis vol oorspronklike rympies soos in Woelwoorde. Rympies en verse is heerlike pret en plesier, en dit speel ook ’n belangrike rol in jou kind se ontwikkeling. Kinders wat vroeg vertroud gemaak word met rym, leer makliker lees.Rympies en verse prikkel jou kind se kreatiwiteit. Om rympies uit die kop te leer is uitstekende oefening vir jou kind se geheue.Dit leer jou kind ritme en taalspel. Rympies kan ook prettig wees.
Woelwoorde is geskik vir voorskoolse sowel as laerskoolkinders vir voorlees en selflees.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page