Karin Nieuwoudt

Karin Nieuwoudt is in Kaapstad gebore en het haar skoolloopbaan in 1985 aan Hoërskool J.G. Meiring in Goodwood voltooi. Reeds in haar skooljare het haar liefde vir skryf posgevat, veral deur opstelwerk. Ná skool het sy by verskeie staatsdepartemente gewerk, insluitend die Kantoor van die Staatsprokureur en die SA Polisiediens. In 2005 verwerf sy ’n Honneursgraad in Sielkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika, waar sy later as e-tutor gewerk het tot 2020. Daarna fokus sy voltyds op skryf. Haar eerste digbundel, Vrou in die Spieël, verskyn in 2019 by Hasepad Uitgewers. Malherbe Uitgewers publiseer verskeie van haar oudioboeke, meestal kortverhale. Buiten skryf, koester sy ’n diepe liefde vir musiek en sing, en was vir jare ’n sopraan in die Con Spirito Filharmoniese Koor. Sy bestuur ook haar eie YouTube-kanaal, Luisterhoek. Karin is getroud met Jacques, ’n lojale en ondersteunende eggenoot op elke vlak. Hulle is die trotse ouers van Ruben, en as gesin ondersteun hulle mekaar onvoorwaardelik in elke fase van die lewe.

Author's books

Gister is Verby (Oudio Boek)

R105.00

Hierdie verhaal van verlossing en transformasie is ‘n aangrypende verhaal van hoe die krag van liefde en hoop die grootste tragedies kan oorwin. Anneke Bester is ‘n ma en gelukkige vrou wie se lewe vir altyd verander word wanneer haar gesin in ‘n wrede motorongeluk van haar weggeneem word.

Die Profeet

R75.00

Hierdie oudioboek neem jou op ‘n ontdekkingsreis, wat die merkwaardige gebeure van Jesus se lewe ontbloot. Deur die tempelervaring van die twaalfjarige Jesus, sy biddende interaksie met Abba Vader en die tydperk tussen sy opstanding en hemelvaart te verken, het jy die geleentheid om groter insig in die lewe van Christus te kry. Maak gereed om geïnspireer en getransformeer te word terwyl jy dieper in die karakters en stories van Jesus se lewe delf.

Gesprek en ander stories(Audio Boek)

R119.00

Gesprek – ’n Komiese romanse in ’n winkelgang; ’n jong man jaag liefde met ’n trollie.

Gister – ’n Gebroke vrou oorweeg ’n tweede kans op liefde na verraad.

Hollywood – ’n Kunstenaar soek identiteit en integriteit in die wêreld van roem.

Hoop – ’n Vrou heroorweeg haar lewe en veg om haar drome te herwin.

Metamorfose – ’n Skaam professor waag liefde by ’n kollega.

Vlug – ’n Vrou sukkel teen geestesversteuring en ’n ongenaakbare samelewing.

Weersiens – ’n Ouer vrou konfronteer spyt en ’n geheim uit die verlede.