Koos Steenkamp

Koos Steenkamp is in Klerksdorp gebore en het sy vroeë kinderjare op Ogies deurgebring, waar sy pa as predikant gedien het. Op driejarige ouderdom het die gesin Pretoria toe verhuis, en Koos het op die Derdepoort-plotte noord van die stad grootgeword.

Sy pa was ook dosent aan Tukkies, en die gereelde besoeke van professore en gemeentelede het sy wêreld van kleins af verryk. Sy eerste herinnering is hoe hy die pastorie se voordeur oopmaak en iemand hom vra hoe oud hy is.

Koos beskryf sy liefde vir skryf as soortgelyk aan sy liefde vir musiek. Hy geniet woordspeling en waardeer musiek se subtiele nuanses. Sy lewe het hom blootgestel aan ’n wye spektrum ervarings, terwyl sy kinderjare sterk deur klassieke invloede gevorm is. Deur sy skryfwerk hoop hy om iewers iemand se lewe raak te vat of selfs te verryk.

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Woesteny se maan

R139.00

Die bundel is ‘n samevatting van sommige van my pogings tot die digkuns oor die laaste twintig jaar.Elke mens se paadjie is anders en dit wat jy ervaar het tot waar jy vandag staan, het gehelp skaaf aan wie jy vandag is. So is die lewe en menswees smeebaar. Aards is min dinge so seker, as dat alles verander nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page