Liezel Motto-Ros

Liezel Motto-Ros is in Sabie, Mpumalanga gebore en het daar grootgeword. In 1999 trou sy met Deon Motto-Ros en saam is hulle die trotse ouers van Keegan. Die gesin verhuis in 2013 van Polokwane na Pretoria, waar Liezel haar roeping volg en voltyds in die bediening tree.

Van kleins af dink sy in prentjies en het sy haar emosies en drome op papier vasgelê. Opstelle en praatjies was haar passie, en profetiese woorde oor boekskryf het jare later bevestig waarvoor haar hart reeds lank klop.

Tydens die inperking in Maart 2020 het sy begin om daagliks bemoedigende boodskappe op Facebook te deel. Uit hierdie tyd van hoop en vrees is Hallo Mev Noag gebore — ‘n boek vol ware verhale van geloof, stryd en oorwinning.

Liezel glo: geloof red.
(Hebreërs 11:7)

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hallo Mev Noag Boek 2

Price range: R79.00 through R199.00

Soms meer as wat ons moet, voer ons ʼn innerlike stryd en dit voel of dit besig is om ʼn verlore stryd te word!
Ons gebedslewe is nie meer wat dit was nie, en ons sukkel om weer ons plek by God te vind!Ons geloof is besig om swaar te trek – en ons dink daaraan om op te gee.
Mev. Noag moes ook haar geloof opweeg teenoor haar uitdagings en vrese – sy moes haar vrese agterlaat en geloof kies om die ark wat totaal onbekend was in te gaan.
Sy het met ʼn vreeslose geloof die Ark ingegaan en gekies om vas te hou aan dit wat sy het – HOOP
HOOP BESKAAM NIE

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hallo Mev Noag

Price range: R79.00 through R239.00

Hallo, Mev. Noag is ‘n boek saamgestel deur wanhoop en hoop, ongeloof en geloof met die wete dat wie ons is, waar ons bly, wat ons in ons lewens al gedoen het (goed of sleg) dat God se genade nooit vir ons sal of kan verander nie. Geloof in Hom is al wat ons nodig het om ons deur “enige situasie” te help.
Geloof het Noag gered, Geloof het my, Liezel, gered!
Geloof sal jou ook red!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page