Linda Rautenbach

Linda Rautenbach het haar liefde vir boeke, lees en skryf al in die laerskool ontdek. Vir haar was dit ’n ontsnapping na wêrelde wat sy destyds nooit kon droom om te sien of te beleef nie. Sy is al amper 35 jaar getroud en het een dogter en ’n kleinseun.

Al spandeer Linda haar dae met uitvoere, bly skryf haar ware passie, hoewel sy daarvandaan te min tyd kry. Sy skryf gedigte en kortverhale, waarvan sommige al in tydskrifte gepubliseer is. Hoewel sy baie boekidees in haar kop het, het sy tot dusver net een boek voltooi. Soms voel sy asof sy haar grootste liefde verwaarloos, maar sy droom daarvan om eendag rustig te kan sit en die opvolg op haar boek Hoer van die Karoo te skryf.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hoer van die karoo

Price range: R99.00 through R299.00

Hoer van die Karoo is ‘n tipe drama, tragi-komedie. Dit gaan oor ‘n losbandige boeremeisie wat op 17 swanger raak en nie weet wie die kind se pa is nie. Dan loop sy weg van die huis af en reis deur verskeie Karoo dorpies waar sy of self verwoesting saai, of deel word van ander mense se verwoesting totdat sy uiteindelik ‘n stabiele man ontmoet wat haar lewe handomkeer verander.
Haar lewe is nie altyd maklik nie en elke nou en dan skemer haar rebelse streep deur. Omdat sy nie die kind kan verdra nie, gaan die boek ook oor die verhouding tussen ma en kind. Daar volg latere swangerskappe, drama en op die einde word die sirkel voltooi wanneer sy teruggaan om haar familie te gaan besoek.
Haar ma het haar destyds verag vir wat sy gedoen het en het in die proses haar familie van haar vervreem. Daar is baie drama asook komedie maar ook heelwat lewenslesse.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page