Karoo Liefde (Groot Druk)
R319.00Mia de Waal se lewe stort in duie wanneer sy haar man se verraad ontdek – op dieselfde dag wat sy uitvind sy is
swanger. Met ’n gebroke hart, twee tasse en ’n bietjie kontant vlug sy na die Karoo om oor te begin. In Graaff-Reinet
waag sy dit om haar eie blommewinkel oop te maak, vasbeslote om op haar eie bene te staan en vir haar ongebore baba ’n
toekoms te skep. Herman le Roux is ’n boer met sy eie krisis. ’n Ongewone testament plaas hom voor ’n onmoontlike
keuse: trou binne ’n beperkte tyd, of verloor alles waarvoor hy en sy ouma geswoeg het. Wanneer Herman en Mia se paaie
onverwags kruis, ontstaan ’n plan wat albei se probleme kan oplos…
