Lois Massyn

Lois Massyn is gebore op 25 Desember 1957 in Mariental, in die destydse Suidwes-Afrika. In 1972 trek hulle Republiek toe en sy matrikuleer aan die Hoërskool Jim Fouche in Bloemfontein. Na matriek gaan studeer sy kommunikasiekunde aan die Vrystaatse universiteit met die oog om 'n joernalis te word.

Dié het nooit gerealiseer nie aangesien sy toe betrokke geraak het in voltydse bediening. Lois is passievol oor die bereiking van nasies met die evangelie. Sy het begin skryf in 2015 tydens 'n ernstige siekte wat haar vir byna drie jaar aan die bed vasgekluister het

In 2022 publiseer sy haar eerste boek in Engels, (un)Broken, waarna sy haar begin toelê op die skryf van Afrikaanse poësie.

Lois het 3 seuns, twee wonderlike skoondogters en vyf kleinkinders en is woonagtig in Pretoria.

Author's books

Breek vir my ‘n rooi granaat

R189.00

In Breek vir my ’n rooi granaat ontvou ’n wêreld waar liefde, verlange en herinnering soos juwele in taal geslyp word. Elke gedig is ’n intieme reis—van die sagte fluistering van lentebloeisels tot die vurige intensiteit van passie wat diep in die siel brand. Die bundel weef natuur, sensualiteit en spiritualiteit saam tot ’n tapisserie van emosie, waar die leser uitgenooi word om te voel, te onthou en te droom. Lois Massyn se verse is ryk aan simboliek—granaatpitte, woestynreën en goudgeel saffraan word draers van betekenis, elkeen ’n verhaal van liefde, verlies en hoop. Hierdie bundel is nie net ’n leeservaring nie, maar ’n belewenis wat die sintuie prikkel en die hart roer.