Madelie Broodryk

Madelie Broodryk, gebore op 6 Mei 1993, is ’n passievolle onderwyser en kreatiewe skrywer met ’n liefde vir taal, musiek en storievertelling. Sy het haar studies in 2015 aan die Noordwes-Universiteit voltooi en haar onderwysloopbaan in Kempton Park begin. Daarna het sy teruggekeer na haar geboortedorp, Lichtenburg, voordat sy uiteindelik in die Wes-Kaap gaan woon het — ’n plek wat sy en haar verloofde, Zach, vandag hul tuiste noem.

Madelie bestuur haar eie skryfbesigheid waarin sy toneelstukke, toesprake en musiekblyspelle vir skole skryf. In haar vrye tyd geniet sy dit om te lees, skryf, na musiek te luister en te swem. Sy put inspirasie uit die natuur, haar omgewing, en die mense rondom haar.

Aan haar lesers bied sy stories wat raak, resoneer en herinner aan die mooi en betekenisvolle in die alledaagse. Haar wens is dat elke leser iets van hulself in haar woorde sal ontdek.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ebony en Ivory

Price range: R89.00 through R209.00

Claire, is die onstuimige golwe en donderweer. Michael, is die maan, sterre en die rustige see. Ebony and Ivory. Die perfekte kombinasie van donker en lig.
Maar gaan Claire ooit inpas by die voorbeeldige lewe en die perfekte toekoms wat Michael se invloedryke ouers vir hom as Teoloog beplan?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sekondes Tel

Price range: R79.00 through R199.00

Na haar ouma se dood beland Carmia in ‘n kinderhuis, vasbeslote om haar belofte na te kom om ’n beter lewe te bou. Op universiteit word sy geboelie oor haar agtergrond en gewig, maar vind onverwags vriendskap in Aiden en Mia – albei uitgestotenes met hul eie pyn. Carmia worstel om God se lig in haar lewe toe te laat, maar leer uiteindelik dat geloof, hoop en ware vriende haar kan help om haar drome en beloftes gestand te doen.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page