Marianne Buys

Marianne Buys is gebore en grootgemaak as die jongste van drie kinders in Alberton, Gauteng, wat steeds haar tuisdorp is. Haar ouers het van jongs af ’n liefde vir skryf, dig en lees by haar gekweek, en sy is altyd omring deur boeke. Marianne fokus hoofsaaklik op digkuns en is aktief betrokke by verskeie diggroepe. Haar gedigte is reeds in versamelbundels gepubliseer. Sy put inspirasie uit die natuur, musiek, mense en alledaagse ervarings. Wanneer sy nie dig nie, geniet sy tuinwerk, klavierspeel en bederf sy graag haar hondekind.

Author's books