Marlene Coetzer

Marlene was van kleins af ’n dromer en ’n passievolle leser. Op negejarige ouderdom het sy reeds boeke by haar plaaslike biblioteek begin uitneem, en op elfjarige ouderdom het sy Ena Murray se romans ontdek. Daardie verhale het iets diep in haar wakker gemaak — ’n liefde vir stories wat haar lewe sou vorm.

In die moeilike jare ná haar pa se dood het sy troos gevind onder die doringboom agter die lapa, waar sy op ’n wilgertak gelê en met ’n Ena Murray-boek in haar hand haar eie stories begin skep het. Verhale waarin haar pa nog gelewe het — stories dat hy sy dood geveins het om sy gesin te beskerm en eendag sou terugkeer. Hierdie verbeeldingswêrelde het haar gehelp om haar hartseer en verlies te verwerk.

Soos sy ouer geword het, het die verhale nooit uit haar gedagtes verdwyn nie. Wat as kinderdagdrome begin het, het ontwikkel tot ’n duidelike en blywende droom: om eendag self romans te skryf wat harte aanraak, net soos dié van haar geliefde Tannie Ena Murray. Romantiek bly steeds haar grootste passie, en sy lê daardie liefde in elke verhaal wat sy skep.

Author's books

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Verlange op Grasvlakte

Price range: R99.00 through R199.00

Soms is die gevaarlikste bedreiging nie die tronk nie … dis die geheime wat jou tuis inwag.

In ’n plek waar liefde en verlies onlosmaaklik verweef is, moet Erma en Jan kies: veg vir die waarheid, of verloor alles.

’n Spannende liefdesverhaal vol tweede kanse, vergewe, en die hoë prys van geheime.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page