Martina Brink

Martina Brink is gebore in Springs, maar het haar tentpenne in die Jakarandastad geslaan. Dit is hier in die hoofstad wat sy bykans haar hele lewe gewerk en geleef het.

Sy is geseën met drie selfstandige seuns, drie beeldskone skoondogters en sewe kleinkinders waarvan die laasgenoemde haar hart haar totaal en al verower het.

April 2017 ontmoet sy vir die eerste keer in haar lewe iemand, (vandag haar beter helfte Ruben) wat gedink het haar gedigte is pitkos, soveel dat hy haar borg om die bundel die lig te laat sien. Hy het haar onophoudelik aangemoedig om ‘n digbundel die lig te laat sien, maar self het sy nog nooit gedink dat haar gedigte werd is om saamgevat te word in ‘n bundel.
In November 2018 is die matjie van die arbeidsveld onder haar voete uitgeruk, maar sy laat nie toe dat die suurlemoene van die lewe haar onderkry nie.
Gedurende 2019 het sy ‘n digtersslypkursus met lof geslaag. In 2020 het Covid haar genoodsaak om die entrepreneurshoed op te sit en haar naaldwerktalente breër uit te span. Sy is ook onlangs deur die Afrikaanse Toekomstrust genader om naalwerkopleiding vir minder bevoorregte dames te gee.
Hierdeur leef sy nie net haar passie uit nie, maar ploeg só ook terug in die gemeenskap. Sy betoon so ook dankbaarheid vir haar talente en so gee haar kreatiewiteit vlerke.

Martina hoop om haar liefde vir die digkuns hoër hoogtes te laat bereik met die bundel getiteld, “Anders geinspireer”. Hiermee het sy een doel en dit is om ander te inspireer. Die meeste van die verse is gebore uit ‘n plek van baie seer waarmee ander moontlik kan vereenselwig. Om hierdie bundel te plubiseer, is haar grootste droom.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Anders geinspireerd

Price range: R49.00 through R139.00

Met hierdie bundel het sy een doel en dit is om ander te inspireer. Die meeste van die verse is gebore uit ‘n plek van baie seer waarmee ander moontlik kan vereenselwig. Om hierdie bundel te publiseer, is haar grootste droom.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page