Martyn Turck

Martyn Turck is in Worcester gebore as die vyfde kind van Pietman en Brollie Turck. Sy pa was ‘n boer. Vanaf sy agtste jaar, toe hy in standerd 2 was, het hy daarvan gedroom om eendag ‘n skrywer te word. Hy was nog altyd ‘n storie- en grapverteller en kon mooi stories skryf en lees. Sy standerd twee juffrou, Tannie Ester Visser, het sy talent raakgesien en hom aangemoedig. Sy vrou noem hom Spoonie, want hy roer graag mense se gemoedere met sy woorde. Hy glo dis sy roeping om mense uit te daag om hul eie gedagtes te hoor deur dit wat hy sê en skryf.

Martyn is as predikant opgelei en was 21 jaar lank in die bediening. Met sy sielkundige agtergrond probeer hy mense se harte bereik sonder om voortdurend met Bybelverse te bepreek. Hy wil meningsvorming stimuleer en mense aanmoedig om te dink. Hy is ook redelik kunstig en kan potloodsketse maak, maar verkies om met woorde te skilder.

In sy twintigerjare het ‘n bekende skrywer hom afgeraai om te skryf omdat “alles wat gesê kan word, is klaar gesê.” Dit het hom nie keer om voort te skryf nie; sy pen het preke, kortverhale en koerantrubrieke voortgebring. Ná ‘n operasie in 2015 het hy besluit om te skryf, ongeag of dit nuut of briljant is — hy gaan eenvoudig skryf.

Author's books

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

My naam is Jan-Hendrik

Price range: R99.00 through R239.00

Die aangrypende verhaal van Jan-Hendrik Jacobs gryp ‘n mens aan die hart. Hierdie boek is ‘n verhaal van swaarkry en ontbering. Oor etlike jare is Jan-Hendrik uitgelewer aan ‘n wêreld wat hy nie verstaan nie. Hy is aan sy omstandighede uitgelewer. Hierdie verhaal was nie maklik om te lees nie, maar het beslis ook my lewe aangeraak. Dit is vir elkeen ‘n noodsaaklike boek om te lees.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page