Nikita van den Heever

Nakita van den Heever is ’n digter en fiksieskrywer van Muldersdrif, Roodepoort. Sy skryf al van elfjarige ouderdom af en gebruik haar onmiddellike omgewing — die natuur op hul plot — as kreatiewe inspirasie. Nakita het haar debuutdigbundel, Hartskamers, saamgestel uit gedigte wat haar hart en gedagtes eerlik uitdruk. Sy skryf om gevoelens vas te vang wat ons almal daagliks ervaar en deel haar emosies met lesers op ’n manier wat eg en verbindend voel.

Buiten poësie werk sy aan ’n Engelse fiksieroman met ‘n verrassende kinkel. Sy lees graag Young Adult-verhale en trane-trekkers, en bewonder skrywers soos Antjie Krog, Breyten Breytenbach, Jennifer Niven en Estelle Maskame. In haar vrye tyd geniet sy kreatiewe projekte, tyd saam met haar verloofde Juan-Louis en haar hondjie Gizmo. Nakita se werk nooi lesers uit om saam met haar deur woorde te reis — reguit na die hart.

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hartskamers

R129.00

Elkeen van ons het ons afgesonderde hartskamers. Dis die emosies wat ons koester wanneer niemand teenwoordig is nie, wanneer dit jy en jou gedagtes is wat alleen gelaat word in die middernagtelike ure, Jou hartskamers is die donker hoeke van jou hartswese, die geheime en sentiment wat jy saam met jou dra soos die son vervang word deur die maan.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page