Paula Paxton

Paula Paxton is ’n digter en kortverhaalskrywer van Randfontein aan die Wesrand. Sy het in dié myndorpie grootgeword en haar kinderherinneringe vorm dikwels die kern van haar werk. Reeds in graad 9 het sy haar eerste kortverhale begin skryf, en teen matriek het sy poësie ontdek as haar manier om die wêreld te verwoord. Haar jongste digbundel, Herstel, fokus op geloof, beproewings en innerlike groei—met die boodskap dat mens altyd weer sal opstaan.

Haar eerste selfgepubliseerde bundel, Spatsels uit my lewe, het weliswaar beperkte verspreiding gehad, maar het steeds ’n aanvang gegee aan haar skrywersloopbaan. Paula werk tans aan ’n bundel kortverhale, en dig aanhoudend met die doel om stories in min woorde vas te vang. Sy werk voltyds, maar skep ruimte vir kreatiwiteit deur na musiek te luister wanneer die woorde wil wegkruip. Haar lesers is vir haar die hart van haar skryfwerk—sy hoop om hulle te bemoedig en te inspireer om hul eie drome te leef.

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Herstel

R139.00

Paula poog om met hierdie bundel die leser op ‘n staptog te vat, en tot besef te bring dat dit moontlik is om altyd weer op te staan en aan te gaan. Die lewe sal altyd houe uitdeel maar die beste deel daarvan is om uit jou roet te ruis, jou as af te skud en die toekoms vierkantig in die oë te kyk en ‘n sukses te maak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page