Petrus JS Vermaak

Petrus JS Vermaak is gebore in Klerksdorp en het sy skoolloopbaan voltooi aan Laerskool Excelsior en Hoërskool Bellville, waar hy in 1989 gematrikuleer het. Ná sy weermagopleiding in Kimberley het hy nagraadse studies in Toerismebestuur aan UNISA voltooi.

Hy is al meer as 25 jaar aktief betrokke in die toerismebedryf in Oudtshoorn, verbonde aan Wilgewandel Vakansieplaas naby die Kango Grotte, waar hy as Algemene Bestuurder dien.

Ongeveer twee dekades gelede het hy ‘n passie vir digkuns ontwikkel. Sy debuutbundel, Kambro Kind, is in 2019 gepubliseer. Sedertdien het hy hom gevestig as ‘n digter met ‘n besondere aanvoeling vir geskiedenis, identiteit en die Afrikaanse woord.

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Karoo

R179.00

Karoo, die digbundel is ‘n nostalgiese woordreis met gedigte waar die leser die Karoo se stilte, natuurskoon en mense gaan beleef. Dit is ‘n samevatting van Karoo gedigte, stories en foto s deur die jare met verskeie gedigte oor die Groot en Klein Karoo.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Stemme uit die Hemel

R189.00

Die nagedagtenis van ’n geliefde moet altyd voortleef in ons harte, glimlagte en dade. Met elke herinnering word opnuut ’n vuurtjie van liefde aangesteek in ons harte wat deurskemer na on glimlagte en sal uitloop op ons dade.
Ek is ‘n Karoo kind wat van kindsbeen af opgegroei het in sy stilte en natuurskoon. As kind het ek grootgeword tussen twee familie plase, Wilgerbos en Lammerkraal in die Prins Albert omgewing. My familie het ‘n groot rol gespeel in die vaslegging van die liefdesfondament vir die Karoo. Hul sterk geloof het ook vir my gehelp oor baie lewensberge.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page