Philip Welman

Philip Welman skryf met ’n diep geestelike insig wat gevorm is deur ’n lewe van worsteling met genade, struikeling en geloof. Hy is in 1956 in Johannesburg gebore en het in verskeie dele van Suid-Afrika grootgeword—van Wes-Transvaal en Nietverdiend tot Boksburg en later Naboomspruit, waar hy in 1973 aan Hoërskool Hans Strijdom gematrikuleer het.

Hoewel lees en skryf hom nooit besonders aangetrek het nie, het Philip sy stem gevind in die vertel van stories—veral aan sy kleinkinders, wat hy met verbeeldingryke verhale kon boei. Sy ware roeping lê egter in die deel van eerlike, geloofsgebaseerde bemoediging vir elkeen wat die moeilike pad van ’n Christelike lewe stap.

Philip skryf vir mense wat, soos hy, daarna streef om heilig te leef, maar daagliks worstel met hulle eie gebrokenheid. Sy werk spreek direk tot dié wat struikel, weer opstaan, en met genade aanhou voortgaan. Deur eerlike refleksie bied hy troos, krag en perspektief wat gewortel is in persoonlike ervaring en Bybelse waarheid.

Met nederigheid en oortuiging wys Philip Welman sy lesers op die getrouheid van God—’n Vader wat Sy kinders ten volle ken, hulle in hul stryd optel, en saam met ander laat groei. Nie tot menslike eer nie, maar tot verheerliking van Christus alleen.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hallo Julle Volume 3

Price range: R99.00 through R239.00

Bemoediging vir die stryd in ons lewens
Die reeks bestaan uit drie volumes geestelike bemoedigings wat oorspronklik spruit vanuit my eie lewenservarings. Ek is maar ‘n doodgewone man, en dit waarmee ek wroeg en hoe die Gees my daardeur lei, sal vir elke gewone mens van waarde wees om te lees. Ons almal het troos, stigting en bemoediging nodig – om te ontvang, maar ook om uit te deel.Ons almal het groei nodig. Ons almal moet geestelik fikser word.Die wedloop waaraan ons deelneem raak al hoe meer liberaal, sonder dissipline en geestelik lewensgevaarlik.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hallo Julle Volume 2

Price range: R99.00 through R239.00

Die boek bestaan uit geestelike bemoedigings wat oorspronklik spruit vanuit my eie lewenservarings. Ek is maar n doodgewone man, en dit waarmee ek wroeg en hoe die Gees my daardeur lei, sal vir elke gewone mens van waarde wees om te lees. Ons almal het troos, stigting en bemoediging nodig – om te ontvang, maar ook om uit te deel.
Ons almal het groei nodig. Ons almal moet geestelik fikser word.
Die wedloop waaraan ons deelneem raak al hoe meer liberaal, sonder dissipline en geestelik lewensgevaarlik.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hallo Julle Volume 1

Price range: R99.00 through R239.00

Bemoediging vir die stryd in ons lewens.
Die boek bestaan uit geestelike bemoedigings wat oorspronklik spruit vanuit my eie lewenservarings. Ek is maar ‘n doodgewone man, en dit waarmee ek wroeg en hoe die Gees my daardeur lei, sal vir elke gewone mens van waarde wees om te lees. Ons almal het troos, stigting en bemoediging nodig – om te ontvang, maar ook om uit te deel.