Reni Jansen Van Rensburg

Reni Jansen van Rensburg, gebore De Klerk, het in Zastron in die Suid-Oos Vrystaat gebore en op ’n plaas in die omgewing grootgeword. Sy het ’n gelukkige kinderjare gehad en al van kleins af ’n lewendige verbeelding en liefde vir stories ontwikkel. Ná skool het sy by die SA Vroueleër Kollege aangesluit en dertien jaar lank diens gedoen. Sy het op 21-jarige ouderdom getrou, en ná haar egskeiding begin skryf – aanvanklik om haar pyn te verwerk, maar gou het sy ’n passie vir digkuns ontdek.

Reni het vier jaar lank in Afghanistan en in dele van Afrika gewerk, wat haar perspektief op die lewe diep beïnvloed het. Ná haar terugkeer na Suid-Afrika in 2015 het sy in die Kaap kom woon, waar sy saam met haar seuns en man ’n gelukkige lewe lei. Sy droom daarvan dat ’n sanger een van haar gedigte sal raaksien en dit in musiek omskep.

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Manna en kwartels

R199.00

Manna en Kwartels is Rèni Jansen van Rensburg se besonderse debuutbundel, enig in sy soort, en spring sy sommer weg deur ‘n pad na die leser se hart oop te kap met haar unieke gedigte. Dit is verdeel in drie afdelings om die pad aan te dui wat sy gestap het, die positief wat haar verryk het uit die negatief.
Van die begin af vat Rèni jou aan die hand en lei jou saggies en met gevoel deur haar woordboord. Jy voel die deernis, liefde, hartseer en vergifnis aan wat in elke karakter verwoord is. Jy lees nie net die emosie nie, jy doen mee en ervaar elke nuanse, elke vreugde en elke botsing. Die hartseer gryp jou soms aan die keel en skud jou menswees, want soveel van haar gedigte kan jy verseker met jouself vereenselwig.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page