Vrolike versie-alfabet
Price range: R59.00 through R129.00So speel-speel leer kindertjies die alfabet, van A tot by die zebra Z, met soveel hope pret, die basis van ons taal, so leer ons die kleinspan die alfabet.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Sarie Fredericks, ’n digter afkomstig uit Atlantis in die Wes-Kaap, het grootgeword in ’n huis met drie sibbe. Van kleins af het sy stil hoekies opgesoek om haar gedagtes neer te pen. Op die ouderdom van tien het sy haar liefde vir skryf ontdek en leef sy sedertdien haar passie vir poësie met toewyding uit.
Haar eerste projek, Vrolike Versie-Alfabet, het vir haar baie beteken en dien as bewys van haar opregte liefde vir die kuns. Fredericks deel haar hart en siel deur haar gedigte, en sy beskou haar lesers as kosbaar. Sy beplan om in die toekoms nog ’n digbundel te publiseer en haar stem as digter verder te ontwikkel.
Haar gunstelingskrywers sluit in Deon Meyer, Ela Spence, EKM Dido en Heinz Konsalik. Wanneer sy nie skryf nie, lees sy graag speurverhale of luister na musiek. Sy put inspirasie uit die mense, oomblikke en emosies wat haar daaglikse lewe vorm.
So speel-speel leer kindertjies die alfabet, van A tot by die zebra Z, met soveel hope pret, die basis van ons taal, so leer ons die kleinspan die alfabet.
Lees is ongetwyfeld een van die belangrikste vaardighede wat ‘n kind nodig het om sukses in die lewe te behaal en lees begin reeds in die vormjare van ‘n kind.
Lekkerlees vir die Kleinspan bied jou kind ‘n wonderwêreld van woorde en kleur. Versies en prentjies wat die verbeelding aangryp en sodoende leer die kind om diere te ken.
Die stories neem die kind op ‘n verbeeldingsvlug waarin die kind hom/haar kan uitleef.
Ondersteun jou kind om die liefde vir lees en boeke te ontwikkel.
My digbundel, Edelstene, besing die skoonheid van die natuur en die prag van ons moederstad, Kaapstad. Ek skryf ook oor die wel en weë van die lewe in Suid-Afrika en ons wedervaringe.
Hierdie digbundel is n mengelmoes van emosies. Sarie skryf oor hartseer, liefde, pyn, geluk en nostalgie, afgewissel met ʼn tikkie humor en fantasie.
Sy bring ook hulde aan Jordan Moore, Emaan Solomons en Leo Williams.