Sonia van Rensburg

Sonia van Rensburg is op Vryburg gebore en het haar skoolloopbaan as ’n Sub-A’tjie by Piet Plessis Laerskool begin. Koshuislewe, ’n gegewe vir ’n plaaskind, het vroeg onafhanklikheid, aanpasbaarheid en sterk sosiale bande gevorm. Ná skool het sy in die wetenskap studeer, ’n veld wat steeds ’n groot bron van inspirasie bly. Haar loopbaan het as Biologie-onderwyser in die Karoo begin en later uitgebrei na ’n pos as navorsingsbeampte aan ’n universiteit.

Meer as dertig jaar gelede het sy en haar man plaas toe getrek, waar hulle steeds boer. Hy werk met grootvee, terwyl sy volstruise, ganse en hoenders bedryf. Haar ervaring met ’n plaaswinkel en die vertellings van ouer gemeenskapslede het tot die skryf van ’n kortverhaal gelei wat in Landbouweekblad gepubliseer is. Aktiewe betrokkenheid by die Vroue Landbouvereniging het haar kreatiewe ontwikkeling verder versterk. Sy het reeds verskeie kortverhale, meestal kinderboeke, in gesamentlike bundels gepubliseer. Slimword in die grootskool, haar eerste eie boek, moedig kinders aan om die wêreld rondom hulle met nuuskierigheid, verbeelding en bewustheid te verken.

Author's books

Slim word in die groot skool

R209.00

Kom saam met Nelis Haas en sy beste maat, Arrie Skilpad, wanneer hulle hul eerste jaar in die wonderlike woudskool
aanpak. Hier leer hulle nie net lees, skryf en somme doen nie – o nee! Hulle ontmoet pratende blare, ’n juffrou met ses
pote en vier vlerke, ’n miskruier wat hulle uit ’n moeilike situasie red, en ’n verkleurmannetjie wat dalk net ’n
bietjie té gretig is om sy kultoertjie te wys. En dan is daar natuurlik die geheimsinnige klip … waarin iets roer …
Iets baie oud … en baie honger! Maar nie alles is altyd maklik nie …