Stanley Cierenberg

Stanley Cierenberg het in Ficksburg, Oos-Vrystaat, die wêreld betree. Op twaalf verhuis hy saam met sy gesin na Jacobsdal, waar hy landbouskool toe gaan. Sy kunssinnige geaardheid bots dikwels met die praktiese wêreld van boerdery en skool – en hy sukkel om aan te pas.

Maar tussen stilte en eensaamheid ontdek hy sy verbeelding. Stories word sy toevlug en anker. Hy gebruik skryfwerk om sy binneste wêreld te verken en sy liefde vir Afrikaans uit te leef.

Stanley versamel woorde en idees soos skatte – in koffiehuise, op dorpsstrate, in alledaagse gesprekke. ‘n Opmerking hier, ‘n sin daar, groei later uit tot ‘n storie. Hy skryf in ‘n kenmerkende “outydse praatstyl”, vol humor en insig, en gee lewe aan die platteland se mense en hulle skinderstories met ‘n skerp, maar liefdevolle oog.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Nou wat storie jy vandag

Price range: R139.00 through R329.00

Met n skryfstyl wat liries, humoristies en deurspek is met volkseie vertelkuns, bring Cierenberg n vars stem na die Afrikaanse kortverhaalkuns. Dit is n bundel wat mens nie net lees nie, jy beleef dit.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page