Sunette Erasmus

Sunette Erasmus is gebore in Zastron, ’n prentjiemooi dorpie in die Vrystaat. Sy het haar kinderdae saam met haar twee susters en broer op ’n plaas aan die voet van die Malutiberge deurgebring, waar die natuurlike omgewing en die grensrivier, Kornetspruit, ’n onuitwisbare indruk op haar lewe gemaak het. Hierdie vroeë blootstelling aan die natuur en die diep geloof in God, wat sy by haar ouers, Basie en Santjie de Klerk, gekweek het, het die fondament van haar lewe gevorm.

Na matriek in 1991 aan die Hoërskool Zastron, het Sunette haar studies aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi met die doel om onderwys te betree. Sy het ’n spesiale passie ontwikkel om ’n verskil te maak in die lewens van kinders met leeruitdagings en het haar opleiding uitgebrei deur ’n kursus in Gespesialiseerde Remediërende Onderrig te voltooi. Hierdie kennis het haar later in staat gestel om ’n lewensveranderende rol in die onderwyssektor te vervul.

Met meer as 20 jaar ondervinding in die onderwys het Sunette by die Hemel-op-Aarde Projek in Somerset-Wes aangesluit, waar sy ’n vroeë remediërende intervensieprogram vir kleuters van 4 tot 6 jaar ontwikkel, geïmplementeer en geëvalueer het. Vandag bedien die program meer as 2 600 leerders in 110 kleuterskole regoor die Wes-Kaap.

Haar passie vir onderwys en kreatiwiteit het gelei tot die skryf van haar boek Kuns vir Koningskleuters. Hierdie boek is ontwerp om kleuterskoolonderwysers te inspireer om die vreugde en opwinding van leer terug te bring, terwyl dit ’n stewige geestelike grondslag vir elke kind bied. Met die samewerking van haar man, Jaco, en hul dogter, Cara, kombineer die boek kunswerke en wetenskapeksperimente wat ook deur ouers en Sondagskoolonderwysers waardeer word.

Sunette se werk dra ’n diep toewyding aan die opvoeding en geestelike groei van jong kinders en sy hoop om met haar skryfwerk ’n positiewe impak op kinderlewens te maak deur die kombinasie van kreatiwiteit, wetenskap en geloof.

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Kuns vir koningskleuters

R379.00

Kuns vir Koningskleuters is ʼn kaleidoskoop van kleurryke kunsaktiwiteite, interessante wetenskapeksperimente en die deel van die wonderbare Woord van God op ʼn vlak wat kinderharte beslis sal aanraak!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Crafts for Kingdom Kids

R379.00

Crafts for Kingdom Kids is a medley of colourful art activities, interesting science experiments and sharing of the wonderful Word of God on a level that will certainly touch children’s hearts!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page