Tielman Nieuwoudt van Lill

Tielman Nieuwoudt van Lill het in die Namibwoestyn grootgeword, waar sy ouers op twee plase geboer het. Hy voltooi sy laerskoolloopbaan op Maltahöhe en matrikuleer later in Windhoek. In 1984 sluit hy by die destydse Suidwes-Afrika Polisie (SWAPOL) aan.

In 1991 verhuis hy na die Wes-Kaap en begin verskeie ondernemings. Ná 22 jaar in Suid-Afrika keer hy terug na Namibië, waar hy in 2014 as sportjoernalis by Republikein aansluit. In 2015 word hy as die land se beste sportfotograaf bekroon. Behalwe vir sportverslaggewing en fotografie, lewer hy ook gereeld bydraes tot Sê Maart Net, ’n daaglikse rubriek in Republikein.

Sy liefde vir skryf word reeds op hoërskool aangewakker, toe sy Afrikaanse onderwyseres hom herhaaldelik prys vir sy opstelle. Hierdie aanmoediging plant die saad vir ’n passie wat oor dekades sou groei.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Banneling

Price range: R99.00 through R289.00

Die storie gaan oor ‘n wanaangepaste 18-jarige seun wat kort ná sy 18de verjaarsdag van sy ouerhuis vir die langarm van die gereg moet vlug. Hy en sy hond Oudien beland op ‘n plaas in die suide van Suidwes waar hy probeer om ‘n nuwe lewe vir hulle te skep.
Ongelukkig gryp die noodlot in en hy moet opnuut die nag invlug.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page