Werner Vermeulen

Dr Werner Vermeulen is gebore op 3 April 1958 in Johannesburg. Hy matrikuleer in 1975 aan die Hoërskool Goudveld in Welkom. Hy behaal die graad B.Com(Statistiek) en B.Com Hons(Finansiële Bestuur)(Cum Laude) aan die UV. Hy behaal die M.Com graad in Ondernemingsbestuur aan UNISA en die P.Hd in Ondernemingsbestuur aan die UV in 1997. Hy begin sy akademiese loopbaan aan die Universiteit van Pretoria. Daarna doseer hy aan die Universiteit van Suid-Afrika;die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein. Hy sluit sy akademiese loopbaan af aan die Universiteit van die Vrystaat waar hy in 2020 aftree as Departementshoof van Ondernemingsbestuur.

Gedurende sy loopbaan tree hy op as gasdosent by die Universiteit van Bremen in Duitsland, die Universiteit van Gent in België en die Hogescholen Kufstein in Oostenryk. Sy belangstellingsvelde is Besigheidsuitnemendheid(Kwaliteitsbestuur), Entrepreneuskap en Navorsingsmetodologie. Hy tree tydens sy loopbaan op as studieleier vir menige Honneursskripsies, MBA skripsies, M-verhandelinge asook Ph.D tesisse. Hy publiseer nasionaal en internasionaal in vaktydskrifte en is ook mede-outeur en bywerker van vakboeke. Hy dien as eksterne eksaminator vir M-en D verhandelinge vir verskeie universiteite in die land.
As afgetredene leef hy sy belangstellings van reis, lees, tennis en padel uit.

Author's books

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Uit vergange se dae

Price range: R109.00 through R269.00

Hierdie bundel neem die leser op ‘n reis deur herinneringe, plekke en mense, waar die gedigte met nostalgie, verlange en die soeke na sin in die lewe verweef is. Elke vers bring tye, emosies en verhoudings tot lewe, en nooi lesers om hul eie stories te reflekteer.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page