Amelia Constabel

Amelia Constabel skryf haar mees deurleefde woorde wanneer haar hart beide seer en stil-blyd is. Die lewe se daaglikse ritme gee vorm aan haar denke en kleur haar menswees met elke ervaring.

In ‘n seisoen van swaarkry het sy saam met haar kinders deur donker dae gestap. Alles het gevoel asof dit uitmekaarval. Sy moes baie prysgee – dinge opoffer wat haar identiteit gevorm het. Gedurende hierdie tyd het sy haarself as vrou én as mens stukkie vir stukkie verloor.

Sy het aan die einde van haar kragte gekom, maar met die laaste bietjie asem wat oorbly het, het sy geglo dat God elke traan sien. Sy het vasgehou aan haar droom – die beeld van haar eie digbundel wat eendag in haar hande lê – as ‘n ligpunt in daardie duisternis.

God het haar deurgedra sodat sy haar storie kan vertel – vir vroue en kinders wat daagliks ly in huise waar mishandeling stil broei.

Haar lewensfilosofie bly eenvoudig maar kragtig:

As jy ‘n droom het – maak nie saak wat jy moes opgee nie of hoé donker dit ook al is
bly net aan
Hoop
Hoop
Hoop
en hou aan glo in jou drome.
Drome is soos kos en water – jy bly soek want daar is daardie innerlike honger binne in jou siel.

Author's books

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Towergrot

Price range: R59.00 through R119.00

Boelie en Fransie is twee dapper boeties wat by hulle ouma in ’n klein huisie in die woud bly. Hulle moet vir Ouma medisyne by die dokter gaan haal. Maar ai, as jy nie luister nie, kan daar snaakse dinge gebeur! Voor hulle kan sê “hoenderhok”, dwaal hulle van die pad af en beland sommer reguit in ’n grillerige grot … saam met ’n snaakse, honger monster!

Kan hulle slim planne maak om te ontsnap? Sal hulle ooit weer by Ouma uitkom? En wat op aarde het rooipeper, ’n spinnekop en ’n towerboek daarmee te doen?

Die Towergrot is ’n prettige, spanningsvolle avontuur vol towerkrag, dapper planne en hope lag en opwinding! Kom stap saam deur die mistige woud en ontdek dat slimkoppe en dapper harte altyd wen!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tekkie en Skoen se uitstappie

Price range: R49.00 through R119.00

Tekkie en Skoen raak moeg om net heeltyd in ’n donker kas te lê en besluit dit is tyd vir ’n bietjie avontuur. Na smeekbede aan Veter om vir hulle die kas oop te sluit, glip hulle by die voordeur uit.
Hulle besluit om na die park te gaan. Onderweg ontmoet hulle Sandaal, wat hulle waarsku om versigtig te wees.
By die park ontmoet hulle ’n man genaamd Stewels, wat hulle na sy huis nooi vir tee en gemmerkoekies. Stewels lyk heel gaaf en hulle loop saam met hom na sy huis toe. Maar, o wee! Stewels het toe duistere planne met arme Tekkie en Skoen.
Wat wil Stewels met Tekkie en Skoen doen en gaan Gom, Naald en Gare dit regkry om die twee te help ontsnap uit die donker kamer vol stukkende skoene?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Naaldekoker

R129.00

Wanneer ek skryf ontdek ek myself ek vlug in my verbeelding reis ek en beleef die kindwees oor-en-oor-in-my as ek ongelukkig is tel ek my potlood op en dit voer my weg na ʼn planeet waar daar net mooi dinge is.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page