Tekkie en Skoen raak moeg om net heeltyd in ’n donker kas te lê en besluit dit is tyd vir ’n bietjie avontuur. Na smeekbede aan Veter om vir hulle die kas oop te sluit, glip hulle by die voordeur uit.
Hulle besluit om na die park te gaan. Onderweg ontmoet hulle Sandaal, wat hulle waarsku om versigtig te wees.
By die park ontmoet hulle ’n man genaamd Stewels, wat hulle na sy huis nooi vir tee en gemmerkoekies. Stewels lyk heel gaaf en hulle loop saam met hom na sy huis toe. Maar, o wee! Stewels het toe duistere planne met arme Tekkie en Skoen.
Wat wil Stewels met Tekkie en Skoen doen en gaan Gom, Naald en Gare dit regkry om die twee te help ontsnap uit die donker kamer vol stukkende skoene?
Die Towergrot
Price range: R59.00 through R119.00Boelie en Fransie is twee dapper boeties wat by hulle ouma in ’n klein huisie in die woud bly. Hulle moet vir Ouma medisyne by die dokter gaan haal. Maar ai, as jy nie luister nie, kan daar snaakse dinge gebeur! Voor hulle kan sê “hoenderhok”, dwaal hulle van die pad af en beland sommer reguit in ’n grillerige grot … saam met ’n snaakse, honger monster!
Kan hulle slim planne maak om te ontsnap? Sal hulle ooit weer by Ouma uitkom? En wat op aarde het rooipeper, ’n spinnekop en ’n towerboek daarmee te doen?
Die Towergrot is ’n prettige, spanningsvolle avontuur vol towerkrag, dapper planne en hope lag en opwinding! Kom stap saam deur die mistige woud en ontdek dat slimkoppe en dapper harte altyd wen!

Reviews
There are no reviews yet.