Andre Smith

Andre Smith is ’n skrywer van kortverhale, rubrieke en profielsketse wat in Riebeek-Kasteel woon. Hy het grootgeword in die Sandvelddorpie Redelinghuys, waar sy liefde vir stories en die natuur begin het. Dié plattelandse agtergrond vorm steeds die kern van sy opregte en deernisvolle skryfstyl.

Hy het in 2004 begin skryf, en sy debuutkontreiskets, My Sandveldbos, het die titel geword van sy eerste bundel. Sy nuutste werk is ’n samestelling van inspirerende stories oor gewone Suid-Afrikaners. André put inspirasie uit mense, die natuur en alledaagse oomblikke – veral dié wat hy raakloop in sy staptogte deur sy dorp.

Sy lesers is vir hom ’n groot bron van inspirasie. Hy waardeer elke terugvoer en glo dat hul betrokkenheid hom aan die skryf hou. Wanneer hy nie skryf nie, geniet hy tuinmaak, kuier met geliefdes en menskyk — altyd op soek na die volgende storie.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Knokkerboomblom sal weer bot

Price range: R99.00 through R249.00

Met hierdie publikasie, Die knokkerboomblom sal weer bot, wil ek jou uitnooi om nuwe hoop en moed te skep, saam te lag en wonder en sommernet weer tuis te voel in ons mooi land. En onthou – ons is Afrika en Afrika is ons! Geniet die lees.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page