Dis my omgeehart vir my medemens wat my hand beweeg om te skryf. Waar ander net die vaalte en eenvoud sien, gewaar my oog die mooi van die mens voor my. Daar is soveel van ons doodgewone Suid- Afrikaners wat nooit die erkenning sal ontvang vir die positiewe impak wat hulle maak in ons gemeenskappe nie. Ek is passievol daaroor om hierdie mense se stories te vertel. Iemand moet en sal weet van hulle, want daar is soveel inspirasie, wysheid, omgee en hoop in hierdie stories opgesluit. Met soveel uitdagings wat ons as Suid-Afrikaners deesdae in die gesig staar wil elke inspirasie storie en rubriek ‘n vars briesie hoop na die leser bring. Elke storie en rubriek wil die boodskap oordra dat jy nie alleen is nie. Dat daar soveel goed en mooi in hierdie land van ons is en dat dit absoluut die moeite werd is om dit met mekaar te deel. Met hierdie publikasie, Die knokkerboomblom sal weer bot, wil ek jou uitnooi om nuwe hoop en moed te skep, saam te lag en wonder en sommernet weer tuis te voel in ons mooi land. En onthou – ons is Afrika en Afrika is ons! Geniet die lees.
Die vrou wat ek lief het
Price range: R99.00 through R239.00Nita verval in dwelms, en as dit nie vir die getroue Sofia was, die vrou wat hierdie twee kindertjies in die Kallis-huishouding versorg het, het dinge dalk nog meer skeefgeloop vir hierdie twee kinders. Sy vind hulle in ʼn woonstel in ʼn agterstraat. Honger, alleen en met geen teken van hul moeder. Sy red hul lewens deur die Mitera Sentrum vir die versorging van kinders te kontak, en te sorg dat hulle daarheen geneem word.
Dit is hier waar hulle onderskeidelik deur die Baros- en Monoupolis-egpare aangeneem word. Albei word groot in ʼn omgewing waar hul net liefde en ondersteuning kry. Maar die lewe se kurfballe vir hierdie twee kinders is nóg nie verby nie.

Reviews
There are no reviews yet.